Bybelstudie – Geloofsgewoontes 8 – Tafelgemeenskap/Nagmaal

21 09 2021

Soos so baie ander goed in die Christelike geloof is die nagmaal al baiemaal skade aangedoen oor bakleiery oor HOE Christus teenwoordig is in die nagmaal en elemente. Elke jong teologiese student word vasgegooi met groot terme soos transsubstansiasie en konsubstansiasie. Dit is die vrae oor ís Jesus fisies in die nagmaal, word die elemente fisies vlees en bloed of is dit net simbolies, ens, ens.? Ons kan lank gesels oor die hoe van die nagmaal, oor hoe dit ‘n offer en ‘n maaltyd is, is dit bloot simbolies of is daar iets meer, bly die brood en wyn brood en wyn of verander dit. Die klomp haarklowery het, wat my betref, egter ‘n manier om mens se aandag van die diepte van die betekenis van die nagmaal weg te neem. 

Kom ons luister eers na Jesus se woorde self.

Lukas 22:17-20

2020 Vertaling: “Daarna het Hy ‘n beker geneem, en nadat Hy gedank het, gesê: “Neem dit, en deel dit onder mekaar. Want Ek sê vir julle, van nou af sal Ek beslis nie weer van die vrug van die druiwestok drink, totdat die koninkryk van God gekom het nie.” En Hy het brood geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, breek Hy dit, en gee dit vir hulle, en sê: “Dit is my liggaam, wat vir julle gegee word. Doen dit om My in herinnering te bring.” So ook met die beker ná die ete, met die woorde: “Hierdie beker, wat ter wille van julle uitgegiet word, is die nuwe verbond deur my bloed.”

Die Boodskap: “Toe vat Jesus die beker met die wyn. Nadat Hy vir God daarvoor dankie gesê het, sê Hy: “Neem die wyn en deel dit onder julle almal uit. Weet julle, Ek sal eers weer so saam met julle wyn drink wanneer ons daardie nuwe hemelse wyn aan my Vader se tafel drink.” Toe vat Jesus die brood, sê vir God daarvoor dankie, breek dit in stukke en gee dit vir sy dissipels. “Vat dit en eet,” sê Hy. “Dit is my liggaam. Dink elke keer aan My as julle saam hierdie brood breek en eet. Onthou dan dat Ek my lewe vir julle opgeoffer het.” Toe almal klaar geëet het, vat Jesus weer die beker wyn en sê: “Hierdie beker is die teken en die bewys dat God ’n splinternuwe ooreenkoms met julle maak. My bloed wat binnekort gaan vloei, sal al julle sondes wegwas. Dit sal maak dat julle in ’n nuwe verhouding met God staan.”

New Living Translation: “Then he took a cup of wine and gave thanks to God for it. Then he said, “Take this and share it among yourselves. For I will not drink wine again until the Kingdom of God has come.” He took some bread and gave thanks to God for it. Then he broke it in pieces and gave it to the disciples, saying, “This is my body, which is given for you. Do this in remembrance of me.” After supper he took another cup of wine and said, “This cup is the new covenant between God and his people—an agreement confirmed with my blood, which is poured out as a sacrifice for you..”

The Message: “Taking the cup, he blessed it, then said, “Take this and pass it among you. As for me, I’ll not drink wine again until the kingdom of God arrives.” Taking bread, he blessed it, broke it, and gave it to them, saying, “This is my body, given for you. Eat it in my memory.” He did the same with the cup after supper, saying, “This cup is the new covenant written in my blood, blood poured out for you..”

  • Wat is die kern wat hier vir jou uitstaan?
  • Hoe laat dit jou voel?

‘n Paar opmerkings:

Daar is ook vreeslike argumente of die “breek van die brood” (Hand 2:42-46 o.a.) nagmaal was of die sogenaamde “liefdesmaaltyd”. Ek wonder werklik of die vroeë Christene hoegenaamd hierdie onderskeidings gemaak het wat ons so ernstig oor is (Net terloops, tot omtrent 250nC was die twee eintlik een maaltyd, die nagmaal).

Ek dink Calvyn was nogal reg toe hy die nagmaal opgesom het as “’n getuienis van God se genade teenoor ons, bevestig deur die brood en wyn as uiterlike tekens, terwyl ons gebruikmaking daarvan weer ons vroomheid in aanbidding van God betoon”. Dit is die misterie en wonder van die nagmaal.

Wat sien ons in hierdie en baie ander tekste oor die nagmaal?

  • Dit het gereeld gebeur dat die gelowiges saam “brood gebreek” het
  • Daar was soms probleme met mense wat te veel geëet en drink het, terwyl ander gelowiges by dieselfde geleentheid honger was (1 Kor 11:20-22).
  • Nagmaal is nie iets om ligtelik op te neem of om sommer net uit gewoonte te doen nie (1 Kor 11:27)
  • Nagmaal is nie net iets wat ons ontvang nie, maar ook deel van die verkondiging van die Evangelie: “Want so dikwels as wat julle hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here, totdat Hy kom.” (1 Kor 11:26)
  • Op ‘n manier wat ons nie verstaan of kan verduidelik nie, is Christus teenwoordig in en by die nagmaal (Matt 26:26)

Geloofsgewoonte 6 is daar om ons met Jesus se sterwe en opstanding te verbind, maar ook aan mekaar. 1 Kor 10:17 sê dit duidelik: “Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.” Hierdie liggaam is die liggaam van Christus (1 Kor 10:16), en ons is deel daarvan (1 Kor 12:12vv).

Mag dit ons werklik aan God en mekaar verbind!

(Hiermee eindig die kort oorsig oor geloofsgewoontes. Daar is nog baie wat aangeraak kan word, maar hopelik het julle hieruit gehoor dat hierdie gewoontes/dissiplines ‘n manier is om God se genade werklik en duidelik voor ons oë te hou. Dit verander ons, sodat ons God beter kan hou)

Bibliografie:

Alserda, S.M. https://www.christelikemedia.org/article/vas-vir-%E2%80%98n-geestelike-doel

Die Bybel 2020-vertaling. Die Bybelgenootskap van SA. 2020 

Louw, J.P. & Nida, E.A. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains. United Bible Societies. 1996

Mathis, David “Habits of Grace”. Crossway 2016

Moreleta Park Gemeente: http://moreleta.org/wp-content/uploads/2018/07/Hoe-om-te-vas-en-te-bid.pdf

Mounce, W.D. Mounce’s Complete Expository Dictionary of Old & New Testament Words. Zondervan. 2006.

Presbyterian Church of the USA: https://www.presbyterianmission.org/what-we-believe/communion/

Van Wyk, Chris: https://bybelskool.com/die-gebed-van-die-hart-of-jesus-gebed/

Whitney, Donald S. “Spiritual Disciplines for the Christian Life”. The Navigators. 2014 

One Bread, one body” by John B. Foley

Sung by John Michael Talbot here: https://youtu.be/nNNOQm6WO54

One bread, one body,

one Lord of all,

one cup of blessing which we bless.

And we, though many,

throughout the earth,

we are one body in this one Lord.

Gentile or Jew

servant or free,

Woman or man, no more.

One bread, one body,

one Lord of all,

one cup of blessing which we bless.

And we, though many,

throughout the earth,

we are one body in this one Lord.

Many the gifts,

many the works,

one in the Lord of all.

One bread, one body,

one Lord of all,

one cup of blessing which we bless.

And we, though many,

throughout the earth,

we are one body in this one Lord,

we are one body in this one Lord.


Aksies

Information

Lewer kommentaar