Om besette grond te koop

18 11 2019

Die oorspronklike teks van Rethie van Niekerk se gedagtes rondom Jeremia 32. Dit het my aangegryp en ek het dit verwerk in ‘n preek van my eie, maar ek dink Rethie se woorde moet net so gelees word. Dankie Rethie!

Parkeerplek

Jeremia 32:1-3, 6-15

Daar is baie pogings
om mense positief te maak oor Suid-Afrika.
Soos die #ImStaying – ek gaan bly – beweging wat op die oomblik sterk
aan die gang is. Maar wanneer mense
begin gesels, dan hoor jy die hoop is maar min.
Ons praat oor staatskaping, korrupsie, misdaad, droogte. Die skim wat vir ons almal loer, is
grondhervorming – en spesifiek grondonteiening sonder vergoeding.

Sal jy grond koop wat beset is? Of erger nog: besette grond wat spesifiek geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding?

Dit is presies wat
Jeremia doen.


View original post 1 168 more words