Bybelstudie – Geloofsgewoontes 7 – Gemeenskap / Koinonia

14 09 2021

Koinonia, gemeenskap met mekaar. Dit is ‘n woord wat ‘n baie verskraalde betekenis gekry het deesdae. Ons verwys gewoonlik na ‘n lekker kuier tussen mede-christene as ons na gemeenskap verwys, daarom dat ons gewoonlik dit in die frase “gemeenskap van die gelowiges” gebruik. Hierdie is egter ‘n baie wyer woord met ‘n diep en ryk betekenis vir ons geloofslewe. Kom ons kyk daarna op drie vlakke.

Eerstens, koinonia met Christus.

1 Korintiërs 1:9

2020 Vertaling: “God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid (koinonia) met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.”

Die Boodskap: “Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word.”

New Living Translation: “God will do this, for he is faithful to do what he says, and he has invited you into partnership with his Son, Jesus Christ our Lord.”

The Message: “God, who got you started in this spiritual adventure, shares with us the life of his Son and our Master Jesus. He will never give up on you. Never forget that.”

Tweedens, koinonia met die Heilige Gees

2 Korintiërs 13:13 (:14 in Engelse vertalings)

2020 Vertaling: “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap(koinonia) van die Heilige Gees bly met julle almal.

Die Boodskap: “Die goedheid van die Here Jesus Christus, die oorvloedige liefde van God en die kragtige teenwoordigheid van die Heilige Gees is by julle almal. Amen.”

New Living Translation: “May the grace of the Lord Jesus Christ, the love of God, and the fellowship of the Holy Spirit be with you all.”

The Message: “The amazing grace of the Master, Jesus Christ, the extravagant love of God, the intimate friendship of the Holy Spirit, be with all of you.”

Koinonia met mekaar in Christus

1 Johannes 1:7

2020 Vertaling: “maar as ons in die lig leef, soos wat Hy in die lig is, is ons aan mekaar verbonde (koinonia), en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.”

Die Boodskap: “Ons is alleen deel van hierdie hegte familie van God as ons optrede presies is soos God dit van ons verwag. Maar wat nou daarvan as ons iets doen waarvan God nie hou nie? vra jy dalk. Wel, dit is juis God se Seun, Jesus, se offerbloed wat ons geestelik silwerskoon was – daar bly nie een sonde oor nie! Dit beteken dat ons rein voor God kan staan.”

New Living Translation: “But if we are living in the light, as God is in the light, then we have fellowship with each other, and the blood of Jesus, his Son, cleanses us from all sin.”

The Message: “But if we walk in the light, God himself being the light, we also experience a shared life with one another, as the sacrificed blood of Jesus, God’s Son, purges all our sin.”

‘n Paar opmerkings:

Uit bogenoemde kan dit klink asof koinonia net gaan oor die verhouding tussen ons en Jesus en met mekaar as gelowiges. Paulus skryf egter in Filippense 1:4-5: “Altyd, in elke gebed van my vir julle, bid ek met blydskap oor julle deelname (koinonia) aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou.” Koinonia beteken dus ook om deel te neem aan die uitleef en uitbreiding van die evangelie teenoor nie-gelowiges. Die New Living Translation vertaal dit as “(being) partners in spreading the Good News about Christ.” Hierdie bondgenootskap, “partners” in die uitbreiding van die evangelie vind natuurlik sy fondament in ons koinonia met Christus, die Heilige Gees en met mede-gelowiges.

Nou HOE doen, leef ons dan nou Geloofsgewoonte 6? Hebreërs 10:24-25 gee vir ons ‘n idee: “Laat ons ons ook daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade,

sonder om ons eie samekoms te verwaarloos, soos sommige se gewoonte is; laat ons eerder mekaar aanmoedig, soveel te meer nog namate julle dié dag sien nader kom!” Hebreërs 3:13 praat ook oor die verantwoordelikheid wat ons teenoor mekaar het: “Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.”

Koinonia, gemeenskap met ‘n mede-gelowige, word soms maklik vergeet. Dit is egter wat jou kan dra as dinge donker en moeilik raak. Mede-gelowiges kan jou herinner aan Christus se teenwoordigheid as dit met jou moeilik gaan. Filemon vers 6 sê: “Ek bid dat jou deelname (koinonia) aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van Christus.”

Ons het Christus nodig, ons het die Heilige Gees nodig, ons het mekaar nodig en ons het nodig om die evangelie uit te leef – dit is ‘n lewe in Koinonia!

Bibliografie:

Alserda, S.M. https://www.christelikemedia.org/article/vas-vir-%E2%80%98n-geestelike-doel

Die Bybel 2020-vertaling. Die Bybelgenootskap van SA. 2020 

Louw, J.P. & Nida, E.A. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains. United Bible Societies. 1996

Mathis, David “Habits of Grace”. Crossway 2016

Moreleta Park Gemeente: http://moreleta.org/wp-content/uploads/2018/07/Hoe-om-te-vas-en-te-bid.pdf

Mounce, W.D. Mounce’s Complete Expository Dictionary of Old & New Testament Words. Zondervan. 2006.

Van Wyk, Chris: https://bybelskool.com/die-gebed-van-die-hart-of-jesus-gebed/

Whitney, Donald S. “Spiritual Disciplines for the Christian Life”. The Navigators. 2014 


Aksies

Information

Lewer kommentaar