Bybelstudie – Lukas en Handelinge deel 1

15 07 2020

Bybelstudie dag 😁. Hierdie week en volgende week kyk ons na ‘n evangelie wat in twee boeke verdeel is, Lukas en Handelinge.

Lukas het 24 hoofstukke en Handelinge 28, so jy sal moet lees om hulle in ‘n week of twee deur te lees! 😉

Lees elke keer die teksgedeelte rustig deur nadat jy gebid het.

Dan vra jy jouself af:

  • Wat tref jou? Watter woord, gedagte of teksgedeelte praat met jou? Dink daaroor na en praat met die Here daaroor.

  • Hoe laat die gedeelte jou voel? Probeer ‘n gevoelswoord koppel aan die gedagtes wat by jou opkom. Dink daaroor na en praat met die Here daaroor.

  • Hoe laat hierdie gedeelte jou voel? Wat sal jy vir God wil sĂȘ oor dit wat jy verstaan?

  • Praat nou in gebed met Hom daaroor.

So bietjie agtergrond om jou te help nadink en verstaan waaroor Lukas skryf.

Hierdie twee boeke beslaan die grootste deel van die Nuwe Testament, naamlik 28%. Paulus se geskrifte beslaan 24% en Johannes s’n 20%. Net uit die volume van die werk is dit al klaar ‘n baie belangrike stuk.

Lukas is beide ‘n evangelis (een wat Jesus se verhaal vertel) en die vroeĂ« kerk se historikus. Hy vertel die verhaal van Jesus en die apostels aaneen oor die twee boeke. Hy is ook die literĂȘre meester van die Nuwe Testament wat baie elegante en gepoleerde Grieks skryf. Baie beter as Markus s’n!

Lukas se klem is ook die moeite werd om op te let. Hy fokus op Jesus as die Verlosser en die beloofde Messias, maar ook op die werk van die Heilige Gees, die begin van die kerk, vroulike volgelinge, gebed, die armes en natuurlik die sending van die kerk.

Al skryf hy ‘n geskiedenis stel Lukas baie meer belang in wat God se doel is as in net wat gebeur het. Hy verduidelik hoe God se plan vir verlossing vanuit Israel deur Jesus tot binne in die kerk en daardeur tot in die wĂȘreld loop.

Waar kom hierdie boek en skrywer vandaan? Baie vroeg al identifiseer tradisie Lukas met Paulus se reisgenoot, die dokter Lukas, wat op baie van Paulus se reise saam was en ook tydens sy gevangenisskap in Efese en Rome hom bygestaan het (Fil. 1.24; Kol. 4.14; 2 Tim. 4.11). Daar bestaan geen goeie rede om die tradisie hier te betwyfel nie.

Die skrywer is duidelik ‘n Christen, ‘n goed geskoolde Grieks sprekende, hy ken die lewens van Jode wat versprei was oor die Romeinse ryk, hy ken die Griekse vertaling van die Bybel, die Septuagint, goed, asook die Oostelike Mediterreense streek. Daar is ‘n moontlikheid, op grond van buite-Bybelse bronne, dat hy van Siriese afkoms was, maar dit is nie seker nie.

Die groot prentjie van Lukas se boeke:

Lukas wys sy kleure by wyse van spreke, wys hoe hy Jesus se verhaal sien, in Luk 4:16-21. Jesus preek in sinagoges, word goed aanvaar, maar toe Hy in Nasaret Jesaja 61:1-2 op Homself van toepassing maak, word Hy verjaag. Jesaja 61 is ‘n Messiaanse verwysing, so hier vroeg al beskryf Lukas vir Jesus as die Messias.

Ons kan baie oor die inhoud van die evangelie skryf, maar miskien is dit genoeg om na Lukas se weergawe van Jesus se kruisiging in hoofstuk 22:1-23:56 te kyk. Hierdie Koning draai die hele betekenis van koningskap, soos wat dit deur die mense van daardie tyd verstaan is, op sy kop. Hy het met die “verkeerde” mense saam geĂ«et, Hy het God se vrede en genade aan die “verkeerde” mense aangebied, Hy het die “verkeerde” mense (die FariseĂ«rs en Skrifgeleerdes) gewaarsku oor God se oordeel. Hier aan die kruis word Hy Koning genoem, maar as ‘n spottery. Jesus se laaste “verkeerde” daad aan die kruis is om vergifnis te beloof aan die man langs hom (23:43).

Die Messias wat Lukas verkondig is niks soos wat die mense verwag het nie, God se genade is niks soos wat die mense verwag het nie.

Geniet die Evangelie van Lukas!! Volgende keer lees ons verder in hierdie dubbeldoor werk van Lukas wanneer ons na Handelinge kyk.

Met erkenning aan:

“The New Testament in Its World” N. T. Wright and Michael F. Bird Zondervan Academic , 2019


Aksies

Information

Lewer kommentaar