Mislukte staat en gelowiges

2 09 2019

Boodskap gelewer deur Prof Jurgens Hendriks – NGK Stutterheim 18 Augustus 2019

INLEIDING

Daar is ʼn groot onrustigheid in ons land, onsekerheid oor die toekoms. Agentskappe wat te doen het met emigrasie het meer as ooit navrae van Suid-Afrikaners van mense wat na Australië, New Zeeland, Kanada en waar ook wil gaan. Intussen stroom mense uit Zimbabwe en talle ander lande na Suid-Afrika in die hoop om hier te kan werk kry en ʼn beter lewe te mag hê. In die Wes-Kaap groei die townships met mense uit die Transkei en Oos-Kaap op ʼn weeklikse basis.

Dis ʼn wêreld-wye verskynsel. Vlugtelinge uit Afrika stroom oor die Middellandse See na Europa al is daar duisende wat verdrink as oorlaaide bote sink.

Waarom gaan dit so sleg in Afrika dat mense sulke lang en gevaarlike reise aanpak, so ver gaan om huis en haard te verlaat en in ander lande heenkome te gaan soek?

Ek wil dit met ʼn vraag begin.

  • Waarom is die meeste Afrika lande in so ʼn hartseer toestand?
  • In baie lande, SA inkluis, is meer as 80% van die bevolking Christene. Hoekom gebeur die ding in Christen lande?

Waarom soveel korrupsie en so ʼn gebrek aan betroubare leiers dat ʼn land se mense “die pad vat” op soek na beter heenkome?

Die boodskap het vier dele:

  1. Simptome van ʼn mislukte staat.
  2. Waarom maak Christene nie ʼn verskil as hulle 80% van die bevolking is nie?
  3. Leierskap en drie versoekings;
  4. Leierskap in navolging van Christus.

  1. SIMPTOME VAN ʼn MISLUKTE STAAT

As mens “failed state” Google het die internet die interessantste besprekings en voorbeelde. Die Encyclopedia Brittanica se beskrywing is na my oordeel uitstekend:

Failed state, a state that is unable to perform the two fundamental functions of the sovereignnation-state in the modern world system: it cannot project authority over its territory and peoples, and it cannot protect its national boundaries. The governing capacity of a failed state is attenuatedsuch that it is unable to fulfil the administrative and organizational tasks required to control people and resources and can provide only minimal public services. Its citizens no longer believe that their government is legitimate, and the state becomes illegitimatein the eyes of the international community.

Ons het pas oor die nuus gehoor:

Auditor-general, Kimi Makwetu, has releasedthe latest municipal audit results, showing an overall decline for the 2017-18 financial year.

The Auditor-General of South Africa audited 257 municipalities… Only 18 municipalities managed to produce quality financial statements and performance reports, as well as complied with all key legislation, thereby receiving a clean audit. This is a regression from the 33 municipalities that received clean audits in the previous year.

U weet wat voor die Zondo kommissie getuig word. Op grond van die getuienis is SA op die drumpel daarvan om ʼn mislukte staat te word, inteendeel, streke van die land en afdelings van die staat is sodanig gekaap deur korrupte mense en groepe, dat al die kenmerke van ʼn mislukte staat daar voorkom. Oud-president Zuma het hierdie bedeling ingelui en sy trawante probeer met alle mag in beheer bly van selfverrykende korrupsie. Dit is asof hulle die Afrika patroon wil navolg.

Ons vraag is: hoekom maak die kerk nie ʼn verskil nie? Waar is die invloed van 80% Christene wat sout en lig moet wees, wat reg en geregtigheid moet bring, wat vrede tussen alle mense moet bewerk?

Ek is die afgelope 20 jaar betrokke by NetACT, die Network for African Congregational Theology. Die netwerk het in 1999-2000 ontstaan tussen agt kweekskole waar die NGK se sendingwerk tot kerkstigting en uiteindelik onafhanklike kerk met hulle eie teologiese opleiding gelei het. Tans het ons meer as 50 lede uit 15 lande waar meer as 20,000 teologie studente opgelei word.

Kyk egter na die groter prentjie: in SA is daar ongeveer 180,000 pastore van gemeentes wat basies geen teologiese opleiding het nie – dis ongeveer 80% van alle kerkleiers. In Afrika Suid van die Sahara is daar ten minste 2 miljoen “bospastore” sonder geen opleiding in teologie, in hoe om die Bybel te lees en te verstaan en te breek en op die manier hulle gemeenskappe te begelei nie.

  • In al hierdie lande en feitlik in al die betrokke kerke is korrupsie en nepotisme, etnisiteit-spanning tussen stamme (m.a.w. rassisme), ʼn groot probleem.
  • In meeste van hierdie lande is die Islam aan die groei. Die spanning en geweld tussen Christene en Islam is ontstellend soos wat die Islamitiese imperialisme in intensiteit en fisiese aggressie toeneem.

Van alle mense het die Nigeriërs in die netwerk vanaf 2015 daarop aangedring dat ons die korrupsie-en-leierskap probleem in die oë moet kyk en aanspreek. Ek wens ek kon u meer vertel oor wat hier aan die gebeur is. Dit gee my moed.

Ons wil egter fokus op die vraag: Waarom het Christene in hierdie mislukkende state en streke so min invloed – en dit terwyl Christene die meerderheid in soveel van die lande is?

Die antwoord lê daarin dat ons nie verstaan wie ons is nie, wat ons moet wees nie. Ons is nie die lig van die wêreld en die sout van die samelewing nie.

Wat is ons identiteit? Hoe moet ons wees? Die antwoord staan reeds in Gen 1:26-28.

2 IDENTITEIT

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

Die skrifgedeelte verduidelik dat

  • onsgeskep is na die beeld(wat ons is) en verteenwoordiger (wat ons moet word) van die Drie-enige God, die Vader, Seun en Gees; of in ander woorde: as ʼn gemeenskap, ʼn “community.” Ons bestaanswese is “community” en die eerste en belangrikste gemeente is die gesin.
  • Ons is geskape om as mede-skeppers, verteenwoordigers,verantwoordelikheidte neem vir die skepping;
  • Ons is geskape om te heers, maar “heers” se diepste betekenis hier is om te dien… ons is soos mens in Christus kan sien: diensknegte,verantwoordelik om na mekaar en die skepping om te sien.

Ons identiteit is geleë in die misterie van die Drie-eenheid. Richard Rohr het dit mooi gestel:

In the Trinity, the three must be maintained as three and understood as different from one another. Yet the infinite trust and flow between them is so constant, so reliable, so true, and so faithful that they are also completely one.1

ʼn Ander pragtige metafoor is die waterwiel waarmee die ou mense water oor ʼn draaiende bakkies-wiel laat loop het om die krag te verskaf om koring te maal.

Die Vader gee alles aan die Seun soos wat die boonste bakkie al sy water uitstort in die bakkie onder hom. Die Seun gee alles wat Hy ontvang aan die Gees en die Gees gee al die krag aan almal wat “in Christus” hulle hart en lewe oopstel aan die Gees. Hierdie krag draai om die as van liefde wat die Koninkryk van God op die aarde laat kom. Die God van liefde stort liefde uit in die lewens van sy kinders wat dit “in community” met mekaar deel, aan mekaar en aan die wêreld gee, skeppend en verantwoordelik, versorgend gee.

Dit is ʼn dans van kreatiewe, skeppende beweging wat die Koninkryk van God laat gestalte vind.

Waarom kom dit nie tot sy reg in ons gemeenskappe nie? Hoekom “flop” ons is ons Godgegewe doel?

Genesis vertel ook wat die Koninkryk laat misluk soos ʼn mislukte staat. Alles val in mekaar as elke Adam en Eva besluit hulle wil self in beheer wees oor hul eie tuintjie. Hulle kruip dus weg van God. Maar die gebrek aan verantwoordelikheid neem laat jou naak … en uiteindelik is daar moord in jou eie familie as die een kind die ander een doodslaan.

Die verhale van die vloed, van Noag, van die toring van Babel en die groot taalverwarring verduidelik wat alles verkeerd loop as ons ons God-gegewe identiteit en verantwoordelikheid verloor. Ideologie neem oor, eie planne vir beheer oor eie koninkryke en stede, Steinhoff besighede en Zimbabwe state verduister skeppende verantwoordelikheid vir die wêreld en lewe. Die einde is ʼn mislukte staat en ʼn gebroke wêreld.

Dit is ʼn terneerdrukkende prentjie. Die vroegste weergawe van ʼn mislukte staat. God probeer weer.

Van Genesis 12 en volgende lees ons migrasie-stories en sien ons hoe God ons help om weer ons ware identiteit te ontdek. Hy roep vir Abram en sê (Gen 12:1-4):

Die Here het vir Abram gesê:

Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys.

Ek sal jou ‘n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ‘n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ‘n seën wees.

Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.

Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, 

Abraham word toe, soos so baie mense vandag, ʼn immigrant.

Abraham moet die mens se diepste identiteit weer ontdek .. en die keer gebruik die Bybel ander woorde om ons identiteit te beskryf: jy moet vir ander tot ʼn seën wees. Daarin sal jy self seën vind.

Vir my is van die belangrikste lesse uit die Abraham verhale-siklus dat jy nie maklik jou identiteit in jou geboorteland en tussen jou eie mense ontdek as jou hele lewe net om jouself draai nie. Soos met apartheid en ontelbare ander voorbeelde uit Afrika en die geskiedenis, verongeluk selfsugtig gerigte ideologie die diepste wese van ons Godbedoelde identiteit en verantwoordelikheid. “Op reis gaan” beteken mens moet ontsnap uit ʼn geslote lewenskring.

Gehoorsaamheid” ontsluit genade, al is om gehoorsaam te wees self groot genade. Daar is baie illustrasies hiervan uit Abraham se lewe. Kom ons kyk na twee: Dis eers as jy in gehoorsaamheid die onbekende in waag en jy afhanklik is van die Here se leiding en krag op die onbekende pad voor jou, dat jy leer om te word wat jy moet wees.

Dis net as jy gehoorsaam is dat jou nageslag ʼn toekoms het. Dit moes Abraham met die lank wag vir Isak leer. En hy moes leer dat jy jou kosbaarste besittings moet kan weggee. Eers dan kry jy dit en meer terug.

Genade word ontsluit deur gehoorsaamheid, maar gehoorsaamheid kom telkens net los as jy bereid is

  • om wyer as jou eie tuintjie verantwoordelikheid te neem;
  • as jy bereid is om wat jy het op te offer

Op die reis het Abraham telkens altare gebou. Die altare moes hom herinner wat hy van God leer ken het. Die altare het padtekens en padkaart vir sy identiteit geword.

  • Het u en ek altare waar God aan ons verskyn het en vir ons rigting gegee het?
  • Is ons gehoorsaam om buite ons eie tuintjies verantwoordelikheid vir die skepping en wêreld om ons te neem?

Vanuit die oogpunt van hierdie boodskap illustreer die res van die OT twee sake:

  1. Israel as ʼn mislukte staat omdat hulle nie ʼn seën vir die nasies was nie maar op hulleself ingestel was …. en let op, ʼn mislukte staat verloor beheer oor sy grondgebied. In die ballingskap verloor Israel al hul aardse besitting.
  2. Leierskap. In Israel se geskiedenis was daar goeie konings en slegte konings. Die gehalte van leierskap bepaal die lotgevalle van mense en volke. En kyk ook na die geboorte van ʼn baie spesiale vorm van leierskap: profete. Ek vertrou u weet dat SA se profete ons gered het van ʼn Rwanda-tipe bloedbad.

3 LEIERSKAP EN DIE DRIE VERSOEKINGS

Die OT se profete het algaande besef dat God self vir ons sal moet kom wys wat Hy bedoel met leierskap en wat ons ware identiteit is. Ek wil uit die NT twee aspekte van leierskap met u deel – aan die hand van die voorbeeld van Jesus Christus.

Die eerste is die versoekings wat ons verlei en waardeur ons identiteit vernietig word.

Matteus 4:1-11, Markus 1 en Lukas 4 verhaal hoe die Satan Jesus se Koninkryk probeer verongeluk het, sy identiteit probeer saboteer het.

U ken die drie versoekings. Mens kan dit opsom as hedonisme, egoïsme en materialisme. Henri Nouwen2het die mooiste boekie oor leierskap aan die hand van die drie versoekings geskryf.

  • Hedonismeis ‘n denkrigting waarvolgens genot en gelukdie primêre of belangrikste intrinsieke waarde en die hoogste doelvandie menslike lewe is. Maak van klippe brood; seks in enige vorm vir die “kick” daarvan; losbandigheid wat net plesier soek. Dit gaan om die versoekings van die vlees, oordrewe beheptheid met die mens se basiese liggaamlike behoeftes. Dis van te veel eet en vetsug (obesiteit) tot al die baie vorme van seksuele obsessies, of ʼn obsessie met jou fisiese voorkoms, of ʼn lewe wat net op “jôl” ingestel is en vir niks verder verantwoordelikheid neem nie.
  • Egoïsmeofselfsug. Spring van die tempel se dak en laat almal verstom as die engele jou ʼn soft landinggee. Jy wil gewild wees en bewonder word. Jy wil die middelpunt van alles wees, die mense moet jou aanbid, jy kan nie sonder die aandag van facebook en twitter volgelinge en die toejuiging van die skares klaarkom nie. Jy rig jou besluite en keuses in op grond van wat die mense sal sê.
  • Materialisme en beheer. Heers oor die koninkryke van die aarde het Satan aan die Jesus voorgestel, ek gee jou al die mag,geld en besittings en die vermoë om in alles en oor alles beheerte hê. Dit gaan om die bou van Steinhoff-sakeryke , om onder die “Big Men” of “Assertive Women” te tel, om lewenslange president te wees – ensovoorts.

Jesus is sy lewe lank hiermee gekonfronteer.

  • In die woestyn het hy dit in sy mees kru vorm ervaar;
  • Tussen Getsemane en Golgota was dit ʼn bloedsweet versoeking.

As mens swig voor hierdie versoekings verloor jy jou skeppingsidentiteit en kan jy nie vir ander tot ʼn seën wees nie. Dit breek verhoudings (community) en jy word ʼn slaaf van waardes wat vernietig. Waarop dit neerkom is dat jy ophou verantwoordelikheid neem vir die skepping en jou naaste. Jy eindig egter altyd naak in jou eie tuintjie met kinders wat baklei en doodmaak.

4 LEIERSKAP IN NAVOLGING VAN JESUS

In wat waarskynlik die oudste Christelike lied is, kan ons die diepste beginsels van ons identiteit hoor en in Jesus geïllustreer sien.3The Message se vertaling van Filip 2:1-8 lui:

1–4 If you’ve gotten anything at all out of following Christ,

if his love has made any difference in your life,

if being in a community of the Spirit means anything to you,

if you have a heart,

if you care— then do me a favor:

Agree with each other,

love each other,

be deep-spirited friends.

Don’t push your way to the front;

don’t sweet-talk your way to the top.

Put yourself aside, and help others get ahead.

Don’t be obsessed with getting your own advantage.

Forget yourselves long enough to lend a helping hand.

Think of yourselves the way Christ Jesus thought of himself.

He had equal status with God but didn’t think so much of himself

that he had to cling to the advantages of that status no matter what.

Not at all.

When the time came, he set aside the privileges of deity

and took on the status of a slave, became human!

Having become human, he stayed human.

It was an incredibly humbling process.

He didn’t claim special privileges.

Instead, he lived a selfless, obedient life and then died a selfless, obedient death —

and the worst kind of death at that — a crucifixion.

Sendingwerk in Afrika het telkens die evangelie verskraal tot ʼn tipe verlossing wat neerkom op ʼn ontsnapping van al die aardse ellendes vir ewigdurende vreugde eendag in die hemel. Dis ʼn “ontsnap aarde ellendes” evangelie wat nie gehoor het dat die evangelie gaan oor ʼn koninkryk “op die aarde soos in die hemel” nie. Nou sit Afrika en talle Christene met ʼn evangelie wat die hemel belowe maar die aarde in ʼn gemors los.

Luister na Filippense 2, kyk na Jesus se aardse lewe.

Soos Abraham het hy sy tuiste verlaat en ʼn immigrant op aarde geword waar hy die hele tyd op reis was na alle groepe en mense wat hom nodig gehad het: armes, siekes, vroue, kinders, rykes, heersers, skrifgeleerdes ens.

Maar die grootste geheim van Jesus se lewe kyk ons die hele tyd mis. Hy het ʼn dienskneg gebly en nooit die onbeskryflike krag waaroor hy beskik het, tot sy eie voordeel aangewend nie. Hy het siekes genees, blindes laat sien, verlamdes laat loop, skares gevoed, duiwels uitgedryf, storms kalmeer, op water geloop en Lasarus wat dood was opgewek …

  • maar nooit het hy sy mag gebruik om homself te bevoordeel nie.
  • Sy mag is gebruik om ʼn seën te wees.

Ons grootste versoeking is om die besittings, geld en mag waaroor ons beskik tot ons eie voordeel te gebruik. Jesus se versoeking in Getsemane, voor die kruisiging, het hieroor gegaan. Toe Petrus die bendelid se oor met sy swaard afkap, sê Jesus vir hom (Matt 26:52-53):

Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel. 

Ons het ʼn baie eensydige siening van die kruis – eintlik ʼn selfsugtige siening. Die kruis is vir ons die simbool van die grootste reddingsaksie wat ooit plaasgevind het, Jesus se bloed vir ons sonde.

Dus, na ons aardse “jôl” kry ons vergifnis en ontvang ons die ewige lewe. Dis soos goeie besigheid.

Jesus wys vir ons met die kruisiging dat verlossing kom, die Koninkryk kom,

  • as jy nie die mag waaroor jy beskik vir jou eie belang aanwend nie;
  • as jy beheer van jou eie tuintjie of koninkrykies prysgee om vir ander ʼn seën te wees.

Die eerste geslag Christene het hieroor gesing (Fil 2:7-8):

He didn’t claim special privileges.

Instead, he lived a selfless, obedient life and then died a selfless, obedient death—

and the worst kind of death at that—a crucifixion.

SLOT

Hoekom is Afrika en Suid-Afrika ondanks die hoë persentasie Christene in so ʼn hartseer toestand?

Hoekom vertoon ons en talle ander lande al die simptome van ʼn mislukkende staat?

As ek die Bybel reg verstaan, sê die Bybel vir ons ons leef nie in navolging van Christus nie.

Ons, en ons leiers, het ons ware identiteit verloor – of dit nog nooit ontdek nie.

God se koninkryk kan op aarde kom, as ons bereid is om nie net vir ons eie tuintjies te leef nie, maar as ons verantwoordelikheid vat vir die plaas. Dit beteken, ons moet oor die grense van geslag en ras en stand uitreik, Abraham-gewys op reis gaan, verantwoordelikheid aanvaar vir alles wat stukkend is en seer is … Jesus volg na al die ander groepe en daar help, daar sout wees, daar verantwoordelikheid aanvaar. Dis nie ʼn maklike pad nie want dit beteken in die politieke en ekonomiese gemors van jou eie gemeenskap inbeweeg.

Hoe anders kan ons sout wees en lig bring as ons nie vir die nasies tot seën is nie?

Hoe kan ons dorpe, streke en provinsies verander sonder dat daar mense is wat verantwoordelikheid neem en die korrupsie aanspreek?

Dis nie ʼn maklike reis nie. Maar as ons in ons eie tuintjies selfsugtig wat ons het vir onsself hou, is daar ook geen toekoms nie.

Word deel van God se waterwiel.

Amen.

Jurgens Hendriks

18 Aug 2019. hjh@sun.ac.za. 073 772 6706.

1Richard Rohr’s Daily Meditation, From the Center for Action and Contemplation, Unity and Diversity, 8 June 2019.

2Henri J.M. Nouwen, In the Name of Jesus: Reflections on Christian Leadership(New York, Crossroads, 1989).

3Twee boeke wat vir my baie beteken het om Filippense 2 te verstaan is: Gorman, M.J., 2009, Inhabitating the cruciform God, kenosis, justification and theosisin Paul’s narrative soteriology, Eerdmans,Grand Rapids; Hellerman, J.H., 2013, Embracing shared ministry. Power and status in the early church and why it matters today, Kregel, Grand Rapids.





Sielkunde ontmoet antieke dissiplines

12 05 2013

Stres, die vloekwoord van ons tyd. As deel van ‘n werkswinkel oor Emosionele Intelligensie het dr. Pieter van Jaarsveld onlangs ‘n gereedskapkis, ‘n “toolkit”, gegee om stres te hanteer.

Uitstekende inligting, wat met die nodige oefening werklik help om jou stres te verminder. Gedurende die werkswinkel leer ons ook hoe die tegnieke fisiese veranderinge aan jou liggaam maak, en oor hoe stres fisiese siektes kan veroorsaak.

Stres in ons lewens en in ons ontwikkeling as mens is en was nodig vir oorlewing. Daarom dat die Amygdala gedeelte van ons brein gevare onderskep om vir ons die regte “vlug of veg” respons te gee. As my stres egter nie deur ‘n leeu wat my wil opvreet veroorsaak word nie, maar deur my baas wat, volgens my, onredelik is, bou stres ongesond op. Ek kan nie my baas beveg, slaan nie, dan verloor ek my werk! Ek kan nie weghardloop nie, want ek het die salaris die einde van die maand nodig! So gaan my hartklop op, my bloeddruk op, die bloedvloei na my maag word verlaag, als om gereed te wees vir fisiese oefening, vir hardloop of veg. Maar nou gebeur dit nie! En op die lange duur raak ons siek!

Ek wil egter nie Dr van Jaarsveld se werkswinkel hier herhaal nie, maar fokus op hoe ontwikkelinge in die sielkunde en mediese veld dissiplines bevestig wat Christene soos Antonius van die woestyn al 300 n.C. beoefen het!

Kom ons kyk na die antieke dissipline van “Gebed van die hart” (Centring prayer). Die sielkundiges leer ons om ons stres te beheer deur die volgende oefening:

Sit gemaklik en regop, asem in vir 6 tellings sodat jy jou diafragma ook gebruik, hou jou asem in vir 1-2 tellings, en asem dan uit. Terwyl jy dit doen fokus op ‘n positiewe gedagte of verhouding, iets wat vir jou in jou kern laat goed voel. As negatiewe gedagtes opkom, sê vir jouself “Stop!”

Hoe lyk ‘n gebed van die hart? ‘n Eenvoudige en maklike manier om dit te doen is as volg:

Sit gemaklik en regop, en terwyl jy inasem, herinner jou aan iets wat God vir jou doen, bv: “Die Gees van God woon in my.” Ja jy’s reg, dis ook omtrent 6 tellings! Nadat jy dit ‘n ruk gedoen het, neem dit wat jou pla en gee dit met die uitasem vir God, visualiseer hoe jy dit in God se hande plaas. As jou kop te besig raak, erken gewoon die gedagtes wat by jou opkom en gee dit vir God.

Baie dieselfde as die sielkunde se anti-stres oefeninge! Om stil te raak voor God is nie net goed vir jou sogenaamde “geestelike” lewe nie, maar ook fisies!

‘n Tweede deel van die anti-stres gereedskapkis wat die sielkundiges ons leer is die een van “affirmation”, om vir jouself te bevestig wat alles positief in jou lewe en persoonlikheid is. Weereens is daar ‘n antieke Christelike dissipline wat baie hiermee ooreenstem.

Die sielkundiges se oefening is iets in dié lyn:

Skryf neer en herhaal vir jou etlike kere per dag sekere positiewe kenmerke van jouself: “Ek is vriendelik”, “Ek is intelligent”, of wat ook al jy op wil fokus. Maak ‘n ritueel daarvan in die sin dat jy dit altyd op sekere tye of plekke vir jouself sê. As jy deur ‘n deur stap, of so iets.

Die doel van die oefening is om jou negatiewe gedagtes oor jouself wat kan lei tot ‘n vorm van depressie te negeer, om so positief te raak oor wie jy is.

En in die Christelike lewe? Wat sê ons vir onsself? Hoe sleg ons is? Dat ons nie goeie dinge oor onsself mag dink of sê nie, want ons moet nederig wees? Tog nie, God het ons dan lief! Hier is ook ‘n antieke dissipline wat ons hieraan kan herinner. Hier volg ‘n eenvoudige weergawe van die Examen of daaglikse ondersoek:

Vra jouself af: “Vir watter oomblikke in vandag is ek die meeste dankbaar?” Raak stil, gaan deur jou dag, oordink dit en dank dan God daarvoor.

Vra jouself af: “Waar het ek God vandag raakgesien in wat om my aangegaan het en wat ek waargeneem het?” Raak stil, oordink dit en dank dan God daarvoor.

Vra jouself laastens af: “Waar het ek vandag verkeerd opgetree?” Erken dit, gee dit vir God en aanvaar Sy vergifnis, aanvaar dat Hy altyd gereed is om te vergewe.

Nie identies aan ‘n bloot positief maak van jouself, of net positiewe gedagtes oor jouself uitspreek nie, maar tog, in die erkenning dat ons elke dag baie het om oor positief te wees, baie het om oor dankbaar te wees, het dit die effek dat ons nie net die donker kant van die lewe sien nie. Selfs in die erkenning van waar ons gefaal het, is die positiewe van God se genadige vergifnis daar.

Sielkunde of Christelike dissiplines / gewoontes? Die twee staan nie teenoor mekaar nie, maar die sielkunde bevestig eintlik net wat al eeue lank deur gelowiges ervaar word!

(met erkenning aa dr Pieter van Jaarsveld se werkswinkel notas.)

(Uit die aard van die saak word die gedagtes hier baie vereenvoudig aangebied!)





Soos ‘n boom by ‘n waterstroom

15 06 2012

Image

Die afgelope week (4-7 Junie 2012) het die Oos-Kaap se NG Kerk sinode gehou. Daar is oor baie goed gepraat en besin – Jeug en onderwys, belydenisskrifte, administrasie, eenheid van die kerk, lidmate, doop, predikante, ens, ens… Ek kan sommer hoor hoe mense dink – “En? Wat beteken dit vir ons hier waar ons die Here dien? Sulke vergaderings is sommer tydmors!”

Tog het hierdie sinode ons almal met ‘n boodskap huis toe gestuur, met Psalm 1:3, so vertaal: “Die NG Kerk in Oos-Kaapland is ‘n boom wat by God se waterstroom geplant is, op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.” Mooi woorde. Baie poëties gestel. Maar hoe kom ‘n mens by die mooi verby, hoe kry die vrugte van hierdie boom voete in God se wêreld?

Kom ons vertaal hierdie teks nog so bietjie verder: “Die gemeente waar ek die Here dien is ‘n boom wat by God se waterstroom geplant is, op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.” En wat van nog verder: “Ek, vul jou eie naam hier in, is ‘n boom wat by God se waterstroom geplant is, op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.”

‘n Mens kan nou baie goed sê oor hierdie teks. Ons kan uitwei oor wat dit beteken om God se boom te wees – hoe die beeld van ‘n boom iets sê van sterkte, van diep gewortel wees, van tot nut wees vir ander deur die skaduwee en vrugte. Ons kan verder uitwei oor God se waterstroom en hoe God ons versorg, hoe Hy altyd daar is vir ons, hoe die boom nooit kan groei sonder Hom nie.

Maar, gedagtig aan wat Jesus gesê het in Matteus 21 rakende die vyeboom wat nie vrugte gedra het nie, moet ons miskien ‘n bietjie gaan let op die vrugte wat ons dra. Dra ons “op die regte tyd” vrugte? Wat bedoel Psalm 1 met hierdie vrugte?

Die bron van die vrugte word baie duidelik in Psalm 1 uitgewys as die Woord van God. God self is die Een wat die vrugte in ons bewerk. Ons dra nie vrug omdat ons so oulik is nie. Psalm 1 sê ons moet die Woord eet en drink en slaap, dan dra ons vrugte as gelowiges en gemeente, nie omdat ons so goed beplan en goeie administrasie het nie.

Die vrugte is ook nie eintlik vir ONSSELF bedoel nie. ‘n Boom eet nie sy eie vrugte nie! Vrugte is daar om ander mee te versterk, ander mee te dien. Die vrugte is ook publiek, dit moet raakgesien kan word anders beteken dit niks vir ander nie. Anders kan niemand sy honger met daardie vrugte stil nie.

Hoe dra ek en jy, as God se bome, gevoed en versorg deur God, God se vrugte op die regte tyd?

Laat ek myself net ‘n oomblik hier in die rede val. Baiemaal dink ons dat geloof ‘n privaat saak is, ‘n saak vir my binnekamer. Is daar iets soos ‘n private geloof?  Nee! In die Bybelse tye was my publieke lewe en my geloofslewe een. Deesdae sê ons ons geloof het niks te make met my werk, my sport, ens nie. Ons het van geloof iets gemaak wat op ‘n Sondag vir ‘n uur of so beoefen word. Maandag begin die regte lewe weer…

Vir Psalm 1 is dit nie hoe dit moet gebeur nie. Vanuit God se Woord, vanuit my ontmoeting met God, word ons versterk om vrugte te dra, om duidelik en in die openbaar, in die publiek, Christen te wees

Dit beteken NIE dat ons daarop moet aandring om alles oop en toe te maak met gebed nie. In die ou dae is die enigste tye wat God se stem gehoor is by iets soos ‘n sinode die opening en afsluiting aan die begin en einde van die dag – tussen-in het ons met mekaar geredekawel en mekaar met ons welsprekendheid probeer oortuig. God se stem, God se vrugte moet deurlopend na vore kom. Dank die Heer dat dinge al hoe meer so gedoen word!

Ons word alreeds hier in die erediens daarvoor gereed gemaak. Al die goed wat ons hier doen en saam deel, vanaf die seëngroet regdeur die Wet, Geloofsbelydenis, prediking, tot by die uitsendingseën aan die einde het tog ten doel om ons te voed langs God se waterstroom.  As ons by die Here uitkom, is dit onmoontlik om nie vrugte te dra nie.

SODAT ons vrugte, God se vrugte deur ons, gesien kan word in die onderwys, in die politiek deur die versterking van ons demokrasie, in die werksplek, in die media, by die eenkant, verstote gedeeltes van ons samelewing. God se stem word duidelik in die manier wat ons die sout is vir die aarde,

Hoekom?  Hoekom is dit nodig om hierdie publieke, in die openbaar sigbare, vrugte te dra? Is dit nie genoeg om net versterk te word in ons eie “binnekamer” in ons eie “geloof” nie?

Ons moet hierdie openbare, publieke vrugte dra want ons is uit genade gered…in Christus geskape tot die goeie werk wat God voorberei het (Efes 2). God het die wêreld lief (Joh 3:16) en wil deur ons vrugte Sy liefde aan die wêreld bring.

(Met erkenning aan Prof Piet Naudé se voordrag tydens die sinode)

(Foto: Heinrich Alberts)





Groei jy nog?

30 03 2011

Fasiliterende leierskap kursus – net een van daai kursusse met groot name wat eintlik maar net ‘n wegkom kans is? Soos duidelik gemaak in ‘n vorige blog inskrywing oor hierdie kursus, is dit glad nie so nie! Terapie of leerskool?  Of iets van altwee? So sit ons vir ‘n opvolg weer met Frederick as aanbieder, en elke aand gaan ons goed moeg huis toe! Drie dae van intensiewe werk kan nie regtig in ‘n kort blog inskrywing opgesom word nie, so ek gaan net aan van die punte wat my die meeste getref het, aandag gee.

  1. Waar begin fasiliterende leierskap? “Visioenêre leierskap” word baiemaal opgehemel as die tipe leierskap wat nagejaag moet word. Dit skep eintlik probleme omdat iemand vir ander besluit wat die rigting is wat die groep moet gaan. In uiterste gevalle probeer sulke leiers legitimiteit aan hulle “visioene” verleen deur te te beweer dat die Here vir hulle die rigting aangedui het, dat die Heilige Gees met hulle gepraat het, en daarom moet die hele groep in hulle rigting beweeg. Sonder om die ingrype van die Gees te ontken, is dit tog vreemd dat die Gees net met een persoon in die groep sou praat, en nie almal nie. Verder lei so ‘n leierskap styl heel geredelik tot konflik, want as enigiets sou skeefloop het die groep mos ‘n maklike sondebok – die een wie se visoen nagevolg is. Almal saam moet deel wees van die proses, dan kan almal saam in die sukses en mislukkings deel. Mense hou egter van outoritêre  leiers, want dan kan hulle hul eie verantwoordelikhede abdikeer.
  2. ‘n Fasiliterende leier is nie ingestel of gefokus op die einde nie, hy/sy is in beheer van die proses. Ek op my eie, sowel as almal saam, moet besin oor waarheen ons op pad is. Selfkennis is uiters noodsaaklik om ‘n fasiliterende leier te kan wees. Ek moet weet wat my normale reaksie is op konflik, wat my natuurlike leierskap styl is – eers dan kan ek mag abdikeer en die proses fasiliteer deur ‘n balans te hou tussen visie en reëls.
  3. Een van die grootste probleme met groei of om uit probleme te kom, is “stuckness”. Stuckness is ‘n vreemde kreatuur, omdat jy as leier grootliks daarvoor verantwoordelik is. Dinge wat in die verlede goed gewerk het, word net so toegepas op die probleme van die hede, en dan sit goed vas, wil dit nie meer werk nie! Om uit so ‘n vasgevalde situasie te kom, is dit nodig vir die leier om ‘n skuif in posisie te maak, dit sal lei tot die skuif van die res van die groep se posisies ook. Hier moet ‘n mens die verskil tussen tegniese en beginsel probleme herken, en weet dat dit twee nie op dieselfde wyse opgelos word nie.
    1. ‘n Liniêre proses van verandering kom tot sy reg wanneer ons tegniese probleme probeer oplos. Dit beteken ons identifiseer ‘n probleem, kom ooreen oor ‘n oplossing en implimenteer dit. Dit werk met probleme soos om die klankstelsel te vervang.
    2. Wanneer dit kom by die verandering van die karakter van ‘n groep, of om ‘n beginsel te skuif (iets soos die styl van aanbidding), moet ‘n mens reg wees om chaos te geniet.. Embrace chaos! Sulke probleme word nooit reglynig opgelos nie. Daar is altyd ‘n periode waarin dit lyk asof die proses agteruitgaan, waarin die probleem ontken word, waarin sekere persone geblameer word vir die probleem, waarin daar selfs woede is wat uitloop op ‘n depressiewe toestand, ‘n uitsigloosheid waarin mense nie weet wat om te doen nie. As ons egter almal saam met eerlikheid aan ons denkraamwerk werk, kom daar meestal nuwe energie in die proses en vind daar groei plaas.
  4. Hoe “omhels” jy chaos? Vir iemand wat in ‘n leierskap posisie staan, klink dit eerder na iets om voor bang te wees, om te vermy! Om chaos te omhels beteken dat jy teenoor jouself erken dat jy die proses nie kan “dryf” nie, dat die situasie bo en buite jou vermoëns uitgeloop het – beslis nie ‘n lekker gevoel vir iemand soos ‘n predikant of onderwyser wat glo (geleer is!) dat hulle altyd in beheer moet wees nie! Dit is egter eers as jy op die verhoudinge begin fokus wat binne die situasie aan die ontwikkel/versleg is, as jy kan terugstaan en afstand kry, dat perspektief na vore tree. Dit impliseer dat jy fyn en blaamloos luister na mense, nie om hulle van jou “regte” standpunt te oortuig nie, maar om in die proses die onderlinge verhoudinge te beskerm, om almal te leer om mekaar “raak” te luister.
  5. Om so te kan na buite staan, om so jou eie (sterk) standpunte bietjie agterweë te laat, beteken jy moet in jouself die rustigheid en die sekerheid hê dat die proses julle op ‘n plek sal uitbring waar die verhoudinge beskerm en versterk word, en waarvandaan verder gebou kan word.
    1. In hierdie verband het ons ‘n praktiese sisteem analise gedoen van ‘n situasie wat werklik in ‘n gemeente ontstaan het. Daar was konflik oor iets in die gemeente, en sterk standpunte is na alle kante toe gehandhaaf. Die dominee het met die “regte” inligting die situasie probeer beredder, maar mense het hom begin sien as iemand wat kant kies. Na ‘n tyd van persoonlike nadenke, stil word, tree die dominee toe terug uit die situasie. Hy begin toe net fokus daarop dat die verhoudinge onderling gehandhaaf moet word, en dat die verskillende partye mekaar nie verloor in die proses nie. En daar gebeur ‘n ongelooflike ding! – Die saak word beredder, mense vind mekaar, en daar kan verder gegaan word. Alles omdat een persoon sy posisie verander het. en daarmee die ander partye ook gedwing het om hulle eie posisies aan te pas. Deur te kies vir die formasie van mense, eerder as vir informasie, is almal opgebou en kon uit die “stuckness” beweeg word.

Daar is baie meer wat in die paar dae na vore gekom het. Hierdie was maar net sekere hoofmomente wat my aandag gegryp het.





Kursus… of terapie?

9 11 2010

Kursusse, werkswinkels, en dies meer. Die moeite werd of “jolly” patrollie? My eie ondervinding oor die laaste twee jaar met die VBO (Voortgestette Bedienings Ontwikkeling) gerigte kursusse is dat nie een van hulle ‘n “jolly” patrollie was nie, maar dat hulle tog verskil het in die tipe groei wat in ‘n mens na vore kom. Van die kursusse bring meestal intellektuele stimulasie na vore. Ander weer bring ‘n sekere mate van geestelike of persoonlike groei na vore. Het egter onlangs ‘n Fasiliterende Leierskap kursus bygewoon wat ‘n totaal ander tipe groei na vore gebring het. Dit was een van daai kursusse waar mens dinge eers moes verteer om sin van te maak. En soos een van die kursus gangers (nie ‘n dominee nie), gesê het: “Hoe kry jy ‘n klomp predikante vir ‘n terapie sessie bymekaar? Jy vertel vir hulle dis ‘n Leierskap kursus!”

Daar sit ons toe, Dominees, “gewone lidmate” en nie-lidmate. Van die NG Kerk, VG Kerk en Congregational Kerk, en op die tweede dag van die kursus vertel ons vir mekaar van ons grootste pyn. Hoe gebeur so iets? Hoe gebeur dit dat mense van verskillende kerke en rasse, wat mekaar die vorige dag vir die eerste keer gesien het, so openlik van hulle pyn en vreugde kon praat?

Frederik Marais, die hoofaanbieder, het vanaf die eerste oomblik op dag een die reëls goed duidelik gemaak.

  • Ons gaan diep en blaamloos na mekaar luister.
  • Ons gaan mekaar bevestig wanneer ons iets hoor wat ons aanspreek.
  • Ons gaan ons voorveronderstellings suspendeer, op die lyn hang.

Hierdie “reëls” en die konsekwentheid waarmee dit toegepas is deur aanbieders en kursusgangers, het gelei tot die skep van ‘n veilige ruimte. ‘n Ruimte waarin elkeen net homself kon wees. ‘n Ruimte waarin elkeen gevoel het dat wat hy sê, net daar sou bly – dit sou nie die volgende week se skindernuus wees nie.

Dag een is begin met sekere voorbereidende werk, met die indentifisering van jou eie “case study” rondom ‘n spesifieke probleem wat jy ervaar. Op dag twee is een van die metodes om konflik en probleme mee te takel, die storie muur, gebruik. Hier het iets ongeloofliks gebeur. Vanaf die eerste persoon wat aan die beurt was, was daar ‘n brutale eerlikheid rondom waar hy of sy op die oomblik in sy/haar lewe is. Die storie muur het begin by die 1980’s, en in tydblokke geloop tot 2010. Elkeen het gedeel wat hy of sy veilig gevoel het om te deel. Te midde van storie na storie van pyn, hartseer, teleurstellings, mislukkings, vergifnis, rassisme, oorwinnings, groei, aanvaarding het daar soms trane gevloei, is daar soms gelag, maar is niemand onaangeraak gelaat nie. Die fasiliteerder van hierdie gedeelte, Frederik Nel, het met baie empatie en deernis almal genoeg tyd gegee om sy of haar storie te vertel.

Dit het gelei tot groei by ieder en elk. Net die besef dat jy nie al een is wat mislukkings in die gesig moes staar nie, die moed van ‘n ma wat haar kind se moordenaar besoek om hom te vergewe, ens, ens. Alles het ons diep geraak. Niemand het onaangeraak daar weggegaan nie!

Een ding wat my sterk sal bybly in die soeke na die oplossing vir konflik, is die krag daarin om elkeen teenwoordig toe te laat om gehoor te word, om “geluister na” te word.





John W de Gruchy

25 03 2010


John W de Gruchy

Originally uploaded by BOOKphotoSA

Prof John de Gruchy, wie se lesings ek bygewoon het.

Vir meer oor hom, en om te hoor wat hy oor ander onderwerpe gesê het, te sien wat hy geskryf het, gaan kyk gerus na die volgende links:
http://www.whoswhosa.co.za/user/2899
http://www.augsburgfortress.org/store/itemcontributor.jsp?contributorcode=720
http://swmartin.blogspot.com/2009/07/john-de-gruchy-christian-humanism.html
http://www.themessage.org.za/2009/07/meditation-on-the-church-by-john-de-gruchy/





De Gruchy oor Calvyn – “Word and Spirit”

25 03 2010

Het ‘n baie prikkelende twee dae deurgebring waar Prof John W.  de Gruchy gepraat het oor “The Reformed Pastor as Theologian”.  Dit is aangebied deur die Begeleidingsnetwerk van die NGK in die Oos-Kaap as deel van hulle VBO (Voortgesette Bedieningsontwikkeling).  Ek gaan probeer om my verstaan van wat hy gesê het, in ‘n paar posts hier te plaas. Belangrik! Dit is wat ek GEHOOR het wat Prof de Gruchy sê, m.a.w. my indrukke. Ek alleen is verantwoordelik vir wat ek gehoor het. Hierdie is nie Prof de Gruchy se amtelike, ex cathedra uitsprake nie! Omdat die lesing in Engels was, is dit ook vir my makliker om die meestal in Engels weer te gee. Sal lekker wees as van die ander mense wat daar was kan aanvul waar ek verkeerd/te min gehoor het.

Wat hieronder volg is my notas oor Prof de Gruchy se verduideliking van Calvyn, en hoe hy vir ons vandag as Gereformeerde teoloë/dominees iets te sê het.

Word & Spirit

Understanding Theology

The earliest understanding of doing theology was as Prayer. Anselmus’ way of doing theology was, for example, by writing a long prayer. From there it evolved into theology as Science, as Critical Reflection, and as Engagement.

Priority of the Word

After the iconoclastic controvesy of the 9th century, the theologians that lost the battle, went West to Charlemagne’s court. Here they influenced the Western church so that WORD became more important than IMAGE. This was done in the light if John 1:1-14. The fact that faith comes by hearing was seen as important. Calvin said: “We hear the Gospel in order to see.”

Scripture and tradition

Tradition in Eastern Orthodoxy :”Handing down what the Spirit allowed us to understand.”

In Reformed circles tradition is seen as being handed down by the confessions.

Tradition and Gospel

Often people have a fear of tradition. It was also true in the reformation. This is partly why the reformers stresses :”Scripture alone” (There is much more to this though!)

We must however remember that we all stand in a tradition. Tradition is the way the Gospel is transmitted. Our identity as Christians are shaped by our traditions – it is our way of being. Tradition should help us reform, not box us in, hold us down.

Calvin

Calvin didn’t try to break with the Catholic church, he tried to reform Catholicism. Today Calvinism is often seen negatively, but Calvyn’s passion was the ongoing reformation of the church.

He lived at a time of a Europe in transition, during the Renaissance. There was an upsurge in nationalism, Europe expanded it’s boundaries, there were peasant revolt, and a lot of religious ferment.

Calvin & Christian Humanism

Calvin was deeply influenced by humanism. This included the need to reform Church and society. The returning to the sources, to read the classical and biblical texts in their original languages. He was trained in Rhetoric, and saw the Humanities (Languages, philosophy, art, etc) as extremely important.

Who was Calvin?

He was born in Noyon, France, in 1509, as a devout Catholic. Studied at the Univ. of Paris in the humanities. Later he went to Orléans to study law. After he finished his law sudies, he published his first book, a commentary on a archaic law text.

Around 1533 he heard Luthers teachings in Paris, at the court, and was converted to evangelical thinking. He was influenced by both Luther and Zwingli.

Calvin goes to Geneva as a refugee, fleeing Protestant persecution in France. He was actually on his way to Strasbourg, but was convinced by Farel to stay on in Geneva. After a fallout with the city council, he left for Strasbourg where he was influenced by Bucer, especially in his thought on liturgy and pastoral care.

In 1540 the Geneva City Council calls Calvin back to Geneva, to help with the Reformation there. Reluctantly he goes back.

Reforming Geneva

Geneva was a city of about 10,000 people, 5,000 of whom were Protestant refugees, fleeing persecution in France.

Geneva wanted both society and church reformed.

Regarding Society, Calvin did a lot, especially regarding the education of women.

Regarding Church, the following were reformed:

  • Pastors, elders, deacons and doctors were instituted.
    • The deacons represented the church in the wider society (did not collect money), for example in hospitals.
    • Pastoral care (huisbesoek) did not exist in the church in the Middle Ages. Calvin, through the elders, started it.
    • Doctors of the church were the educators of the pastors and were also responsible for writing commentary on the Bible.
  • Word & Sacraments – the importance and understanding were changed.
  • Discipline – For Calvin discipline was not a mark of the church. It arised out of his talks to the Anabaptists.

Institutes of the Christian Religion

Four books:

  1. Knowledge of God and ourselves
  2. Christ the mediator
  3. Come, Holy Spirit
  4. The church is our mother

The Institutes were written to help us understand Scripture, as a catechism. It is not a dogmatics.

Basic theme:  “You cannot know God if you don’t know yourself, and you cannot know yourself if you don’t know God.

Predestination

This is not a major theme in edition 1. Luther says a lot more on predestination, especially in his correspondence with Erasmus. Only after reading St Augustine, did Calvin start to write more on the theme. It is handled in book 3, under the topic: “The Christian Life”. Later Calvinists gave it a lot more prominence and puts it at the beginning of their Dogmatics.

  • Calvin saw predestination as a terrible, terrifying idea. He wished that he didn’t have to say anything about it, especially double predestination – Some are chosen to be saved, some to be damned.
  • Calvin talks about predestination because of it’s pastoral relevance. He talks about it to support the Protestant refugees, to let them know that God is on their side. This was an answer to the Catholic church who said to the refugees that there is no salvation outside of the Roman Catholic church. Calvin uses predestination to stress that God is the one who saves! Therefore he first writes about Christ the mediator, before he tackles Predestination as a pastoral topic.
  • To talk about predestination in order to talk about who is saved and who is damned is from the Devil, according to Calvin.

Predestination – comments

  • There is nothing like an elect nation in Calvin’s thinking.
  • It was soly a pastoral concern for people under threat.
  • De Gruchy likes Barth’s option:
    • In Christ God has elected humanity for salvation. How God handles this, is His business. To say more, puts you in an untenable position.
  • Faith is a way of life, not a mental decision.

Further reading

http://www.historylearningsite.co.uk/John_Calvin.htm

The Young Calvin – Alexandre Ganoczy

Gilead – Marilynne Robinson).