Pinkster dag 7 – Met jou alles!

27 05 2020

27 Mei 2020 – Dag 7 van Pinkstertyd

Met hierdie aflewering maak ons nou eers klaar met die Shema. Ek vertrou dat julle dit geniet het.

Deuteronomium 6:4-5:

Luister Israel, die HERE is ons God, die HERE alleen. Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele wese en met al jou krag.” (Direkte Vertaling)

Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.” (‘83 vertaling)

Die “Shema” (na aanleiding van die eerste woord “shema” – luister) is die sentrale fondament van die Joodse geloof. Van ‘n Jood word verwag om dit in die oggend en die aand op te sê. Dit is egter nie net vir Jode belangrik nie, maar ook vir ons. Die Shema word aangehaal in Markus 12:29 en 1 Korintiërs 8:4,6.

Ons het nou al die eerste 3 kernwoorde van die Shema gedoen die afgelope paar dae. LUISTER, die HERE is ons God, ons moet Hom LIEFHÊ. Nou kom ons in ons laaste 3 oggende by die HOE – Hoe kan ons liefhê en luister? Hier word 3 woorde gebruik, en die laaste hiervan is “krag”. Hoe dien ek die Here met al my krag? Dit is tog wat Jesus ook sê in Markus 12:30: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.”

Soos soveel ander kere sukkel ons met die vertaling van Hebreeuse woorde in Afrikaans, in hierdie geval die woord “me’od”. Dit beteken iets meer soos “baie”, maar dan sou die laaste deel van die vers vreemd geklink het: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê…met al jou BAIE.” Die Bybelvertalers moes toe iets probeer om die bedoeling van die skrywer deur te gee. Die woord “krag” vang egter net ‘n klein deeltjie op van die volle betekenis wat die skrywer wou deurgee.

Kyk gou hierdie kort video (4 min 43 sek) vir ‘n mooi verduideliking van die gebruik van hierdie woord:https://bibleproject.com/videos/meod-strength/

Gesels met jou huismense of dink na by jouself:

  • Wat het jy nuut gehoor?

  • Waarna moet jy vandag luister?

  • Wat wil jy graag dat die Here vandag by jou hoor? Wat is jou hart se wens nou?

  • Hoe verstaan jy hierdie sinsnede nou? Daarom moet jy die Here jou God liefhê…met al jou krag.”

  • As die woord “me’od” dui op ‘n totale oorgawe aan God, hê gaan jy dit prakties uitleef vandag?

Praat met die Here oor wat jy gehoor het.


Aksies

Information

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: