Pinkster dag 6 – Siel of wese?

27 05 2020

26 Mei 2020 – Dag 6 van Pinkstertyd

Deuteronomium 6:4-5:

Luister Israel, die HERE is ons God, die HERE alleen. Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele wese en met al jou krag.” (Direkte Vertaling)

Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.” (‘83 vertaling)

Die “Shema” (na aanleiding van die eerste woord “shema” – luister) is die sentrale fondament van die Joodse geloof. Van ‘n Jood word verwag om dit in die oggend en die aand op te sê. Dit is egter nie net vir Jode belangrik nie, maar ook vir ons. Die Shema word aangehaal in Markus 12:29 en 1 Korintiërs 8:4,6.

Ons het nou al die eerste 3 kernwoorde van die Shema gedoen die afgelope paar dae. LUISTER, die HERE is ons God, ons moet Hom LIEFHÊ. Nou kom ons in ons laaste 3 oggende by die HOE – Hoe kan ons liefhê en luister? Hier word 3 woorde gebruik, en die tweede hiervan is WESE, of soos baie vertalings dit het, SIEL.

Ongelukkig dra die woord “siel” ‘n hele klomp bagasie met hom saam vanuit die Griekse filosofie. Daarom is dit goed om na die Ou Testament se verstaan te kyk, van ‘n tyd voor die Griekse filosofie. Die Hebreeuse woord “nephesh” word baiemaal as siel vertaal, soos in Ps 119:175 in die 1953 vertaling: “Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.” In in hierdie konteks beteken nephesh egter eintlik “ek” of “my”. Vergelyk die nuwe Direkte vertaling van dieselfde vers: “Hou my lewend sodat ek U kan loof en laat u beslissings my help.”

Kyk gou hierdie kort video (4 min 22 sek) vir ‘n verdere verduideliking van die gebruik van hierdie woord:

https://youtu.be/g_igCcWAMAM

Gesels met jou huismense of dink na by jouself:

  • Wat het jy nuut gehoor?

  • Waarna moet jy vandag luister?

  • Wat wil jy graag dat die Here vandag by jou hoor? Wat is jou hart se wens nou?

  • As “siel” eintlik “my hele wese” beteken in Ou Testamentiese konteks, wat sê dit vir jou van die manier wat jy die Here aanbid en liefhet?

Praat met die Here oor wat jy gehoor het.


Aksies

Information

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: