Pinkster dag 5 – Wat is jou hart se wens?

27 05 2020

25 Mei 2020 – Pinkster dag 5

Deuteronomium 6:4-5:

Luister Israel, die HERE is ons God, die HERE alleen. Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele wese en met al jou krag.” (Direkte Vertaling)

Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.” (‘83 vertaling)

Die “Shema” (na aanleiding van die eerste woord “shema” – luister) is die sentrale fondament van die Joodse geloof. Van ‘n Jood word verwag om dit in die oggend en die aand op te sê. Dit is egter nie net vir Jode belangrik nie, maar ook vir ons. Die Shema word aangehaal in Markus 12:29 en 1 Korintiërs 8:4,6.

Ons het nou al die eerste 3 kernwoorde van die Shema gedoen die afgelope paar dae. LUISTER, die HERE is ons God, ons moet Hom LIEFHÊ. Nou kom ons in ons laaste 3 oggende by die HOE – Hoe kan ons liefhê en luister? Hier word 3 woorde gebruik, en die eerste hiervan is HART.

Anders as in ons denkwêreld, het die antieke Israeliete emosies in in jou ingewande geplaas, en denke in jou hart. In ons dag het dit so bietjie opgeskuif, ons sien denke in jou brein en emosies in jou hart. Die verdeling is die Ou Testament is nie absoluut nie, soms word die woord “hart” gebruik vir die hele ingewande.

Kyk gou hierdie kort video (3 min 50 sek):

https://bibleproject.com/videos/lev-heart/

Gesels met jou huismense of dink na by jouself:

  • Wat het jy nuut gehoor?

  • Waarna moet jy vandag luister?

  • Wat wil jy graag dat die Here vandag by jou hoor? Wat is jou hart se wens nou?

  • As jy die woord “hart” soos in die Ou Testament nou bietjie beter verstaan, wat beteken om “jou hart vir die Here te gee”, nou vir jou?

Praat met die Here oor wat jy gehoor het.


Aksies

Information

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: