Pinkster dag 3 – Hoe kan ons liefhê?

23 05 2020

23 Mei 2020 – Dag 3 van Pinkstertyd

Deuteronomium 6:4-5:

Luister Israel, die HERE is ons God, die HERE alleen. Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele wese en met al jou krag.” (Direkte Vertaling)

Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.” (‘83 vertaling)

Die “Shema” (na aanleiding van die eerste woord “shema” – luister) is die sentrale fondament van die Joodse geloof. Van ‘n Jood word verwag om dit in die oggend en die aand op te sê. Dit is egter nie net vir Jode belangrik nie, maar ook vir ons. Die Shema word aangehaal in Markus 12:29 en 1 Korintiërs 8:4,6.

Vanoggend kyk ons na die derde sleutelwoord: LIEFDE “Jy moet die HERE jou God liefhê…” Die Hebreeuse woord vir liefde, “ahavah”, is baie breed, dit sluit die liefde tussen man en vrou in, asook die liefde van ‘n ouer vir ‘n kind. Wanneer dit vir God se liefde gebruik word, is dit altyd liefde wat by Hom begin. Soos 1 Joh 4:19 dit in die Nuwe Testament stel: “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” Dieselfde woord word ook in Lev 19:18 gebruik in die woorde wat Jesus later aanhaal: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Kyk gou hierdie kort video om meer oor die woord “liefde” te leer (4min lank)

https://youtu.be/HV_LUs2lnIQ

Gesels met jou huismense of dink na by jouself:

Wat het jy nuut gehoor?

Waarna moet jy vandag luister?

Wat wil jy graag dat die Here vandag by jou hoor? Wat is jou hart se wens nou?

Hoe kan jy vandag hierdie liefde uitleef?

Praat met die Here oor wat jy gehoor het.


Aksies

Information

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: