Hemelvaart 2020, waaraan hou ons vas?

21 05 2020

Hemelvaart, 21 Mei 2020

Deuteronomium 6:4-5:

Luister Israel, die HERE is ons God, die HERE alleen. Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele wese en met al jou krag.” (Direkte Vertaling)

Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.(‘83 vertaling)

Die “Shema” (na aanleiding van die eerste woord “shema” – luister) is die sentrale fondament van die Joodse geloof. Van ‘n Jood word verwag om dit in die oggend en die aand op te sê. Dit is egter nie net vir Jode belangrik nie, maar ook vir ons. Die Shema word aangehaal in Markus 12:29 en 1 Korintiërs 8:4,6. Dit is ook deel van ons geloofslewe.

‘n Geloofslewe wat Jesus se kruisiging, maar ook Sy opstanding en hemelvaart insluit. Volgens Jesus was dit nodig sodat die Trooster, die Heilige Gees kon kom om ons te lei. Ons gaan vandag en die volgende 5 dae so bietjie fokus op die kern woorde van Deut 6:4-5, naamlik luister, HERE, liefde, hart, siel en krag.

Kyk gou hierdie kort video (3min 26sek lank)

https://bibleproject.com/videos/shema-listen/

Gesels met jou huismense of dink na by jouself:

  • Wat het jy nuut gehoor?

  • Waarna moet jy vandag luister?

  • Wat wil jy graag dat die Here vandag by jou hoor? Wat is jou hart se wens nou?

  • Die woord vir luister en gehoorsaam wees is dieselfde in Hebreeus. Hoe gehoorsaam jy vandag dit wat jy hoor by God?

Praat met die Here oor wat jy gehoor het.


Aksies

Information

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: