Solus Christos – Christus alleen!

17 06 2018

Print(Onthou net weer dat hierdie op ‘n baie vereenvoudigde manier in verhaaltrant geskryf is!)

Episode 3 van ons vervolgverhaal, en in ‘n sin die kern waarom alles draai! Genade, Geloof, die Woord en God se eer draai,  als om die kern, Jesus Christus. In Luther se tyd was die fokus uitermate op die kerk – die kerk wat jou van jou sonde vrymaak. Die kerk wat jou kan uitban na die hel. Die kerk wat jou lewe beheer. Die groot geskenk wat Luther vir ons nagelaat het is die besef dat Jesus ons kom vrymaak het. Vrygemaak self van die bande wat ons op onsself lê! 

So getref was Luther deur hierdie besef dat hy selfs sy van verander het!! Gebore LUDER, gebruik hy die Griekse woord vir vrygemaak – eleutheros – en verander sy van na Luther… luther/eleutheros – vrygemaak!

Dit is dalk die een ding wat ons weer nodig het om te hoor. In die Middeleeue het geloof mense gebind – gebind tot sekere werke, sekere posisies in die samelewing, onderdanig gehou aan die mag van die kerk. Maar Christus het ons vir eens en altyd vrygemaak! Hy het ons kinders van God gemaak!  

Hebreërs1:2 maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel

1 Tim 2:5 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6 wat Homself as ‘n losprys vir almal gegee het. 

Soos Calvyn geskryf het: “Christus is die Vredevors (Jes 9:6) en “ons vrede (Efes 2:14) want Hy maak ons self vry van die aanklagte van ons gewetens!

Nie om daardeur te leef soos ons wil en nie ag te slaan op wat God se wil is nie, nee! Om, soos Luther in sy preek sê: “Vir gewete en duiwel en wie ookal te kan sê: Christus het my vrygemaak! ” Vrygemaak om Hom te kan eer en dien.

Ons leef in dae wat die rol van Christus deur baie dinge aangeval word – dalk is Hy nie die enigste nie, dalk is daar baie paaie na God, dalk kan ons self God behaag met die manier waarop ons “goed” leef…. Die Skrif is duidelik, Christus is die Een deur wie God ons vrymaak. Hoe dit werk, dit verstaan ons nie altyd nie, maar die GENADE is daar vir almal.

Die hart van die evangelie gaan nie oor MY nie. Die hart van die evangelie is “Christus vir ons! “Ek moet na die evangelie luister.  Dit vertel my NIE wat ek moet DOEN nie, maar wat Jesus Christus die Seun van God vir my gedoen het!” – Martin Luther

Hoekom is Jesus hierdie unieke, eksklusiewe Redder? Die Bybel se antwoord is dat Hy al een is wat kan doen wat ons nie uit onsself kan doen nie. Slegs deur Hom kan ons na God nader.

“Om Jesus in geloof raak te sien is om God se vriendelike hart raak te sien!” – Martin Luther. Vrygemaak, eleutheros, kan ons almal ons vanne na Luther verander!!

Advertisements

Aksies

Information

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: