Sola Fide – Deur die geloof alleen!

10 06 2018

PrintEpisode twee van ons vervolgverhaal! (Onthou net weer dat hierdie op ‘n baie vereenvoudigde manier in verhaaltrant geskryf is!) Vir ons wat vandag leef in ons individualistiese samelewing is dit moeilik om te verstaan wat die invloed van geloof was in die Middeleeue. Waar jy gewoon en gewerk het, met wie jy kon trou, selfs of jy leef of sterf is bepaal deur jou geloof!

Verder is geloof gedefinieer as om die regte dogmas en die kerk se gesag te aanvaar en om dan goeie werke te doen. Van ‘n geloofspad van groei, van ‘n verhouding met God was daar nie oral werklik sprake nie. Daarvoor moes jy by een van die kloosterordes aansluit. ‘n Priester het nie eers gepreek nie, die meeste van hulle het nie Bybels besit of gelees nie. Die mis het bestaan uit ‘n ritueel en formuliere wat die priester uit sy kop opgesê het. Soms was daar ‘n stigtelike boodskap wat vanuit Rome gekom het wat die priester voorgelees het – dit is nou as hy ordentlik kon lees!

Binne hierdie leefwêreld is Martin Luther iemand wat God werklik wil dien. Maar hy beleef ‘n groot geloofskrisis. Dit maak nie saak hoe “goed” hy probeer wees nie, hoe hard hy ookal probeer wegbly van sonde af, as hy hom weer kry het hy sondige gedagtes. So voel Martin dat hy tekortskiet by wat God van hom verlang. Hy sien God dan as ‘n kwaai ou man wat hom pynig. Hy soek vrede en ‘n genadige God! Kort voor sy dood skryf Luther , terugskouend oor sy lewe en teologie, dat hy as jong persoon die frase “God se geregtigheid” gehaat het. Hy het hierdie beskrywing veral met God se straf in verband gebring. God is die regverdige Regter wat oordeel, en dit het vir Luther beteken dat daar in die lig van sy eie sondigheid nie vir hom enige hoop is nie. Hy verdien die straf van God

In sy bestudering van die Nuwe Testament praat oa Galasiërs 2 en Romeine 1 hard met hom en gee hom vrede. Romeine 1:17b “Wie op grond van geloof geregverdig word, sal leef” Gal 2:16a “En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo

Luther neem in ‘n sin Galasiërs 5:13 as sy slagspreuk aan: “Julle is tot vryheid geroep.” Hierdie vryheid is nie ons eie prestasie nie, maar word in Christus aan ons toegesê. Ons is vrygemaak. Ons is vry omdat God uit vrye guns in Christus en deur die Gees vir ons bevryding skenk!

Luther het geworstel met die vraag: Hoe kry ek ‘n genadige God? En in die proses het hy ontdek waar hierdie God te vinde is, naamlik in Skrifgetuienis aangaande die evangelie dat ons deur geloof in Christus uit genade vrygespreek word. Vandag vra mense eerder “Waar vind ek ‘n genadige medemens?” as om te soek na ‘n genadige God!

Tog leef mense vandag nog met vrae soos: Is ek goed genoeg? Voldoen ek aan die verwagtinge? Hoekom word ek misken? Hoe leef ek te midde van werkloosheid, armoede of marginalisering? Wat maak ek met my angs vir siekte of die dood?

Te midde van hierdie vrae en ervaringe kan ons ook vandag die woord hoor: Ons is vrygemaak. God het ons goed genoeg gemaak. Dit gaan nie oor my of my goeie werke nie! Niks wat ek doen kan maak dat God my minder liefhet nie. Niks wat ek doen kan maak dat Hy my meer liefhet nie!

Al wat ek kan doen is om hierdie geskenk te aanvaar!

Advertisements

Aksies

Information

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: