Sola gratia – Genade alleen!

3 06 2018

Print(Ek poog in die volgende paar blog posts om op verteltrant iets van die Reformasie en die mense se manier van dink weer te gee.  Uit die aard van die saak is dit baie vereenvoudig, maar ek hoop jy geniet dit!)

500 jaar gelede was die wêreld ‘n totaal ander plek. Natuurlik was daar nie selfone en karre en goed nie, maar die manier waarop mense na geloof gekyk het was ook heel anders. Na ‘n begin waarin mense daagliks by die gemeentes gevoeg is (Handelinge), het die kerk vanaf rondom 400nC al meer opgevang geword in die dinge van die staat en politiek. Hier rondom 1000nC is konings deur die leier van die kerk gekroon. Die kerkleiers het al meer soos die adellikes geleef en aangetrek, paleise gebou en weelderig geleef. Om die lewenstyl te handhaaf is geweldige druk op gewone mense geplaas, is hulle bang gemaak met die hel en die boodskap dat die kerk hulle uit die hemel kan ban.

Te midde van hierdie, en nog ander wanpraktyke, het daar begin weerstand kom. Die kerk het heftig opgetree teen sulke “ketters”. So is Johannes Hus, ‘n professor van Praag, in 1415 op die brandstapel doodgebrand. Amper ‘n 100 jaar later kom ‘n Duitse monnik in die prentjie. Hy was geweldig bewus van die gevaar van die hel. Na ‘n besoek aan Rome waar hy van die wanpraktyke gesien het, begin hy wonder oor waar hy ‘n genadige God kan vind. Hy begin die Bybel intensief bestudeer en word bewus van die genade van God.

Uit dit wat hy in die Skrif gevind het, stel Luther 95 stellinge op wat hy op die “social media” van daai tyd publiseer – hy spyker dit aan die kerkdeur! Mense wat soos hy voel vat dit en set dit en druk dit as traktaaitjies. So versprei Martin Luther se gedagtes. Die gedagtes wat hy verkondig het, die Skrifwaarhede gaan ons in hierdie maand by stilstaan. Vanoggend begin ons by dié een: Sola Gratia – Genade alleen

Die pragtige kernsamevatting van wat genade in Efes 2:8-9 dui eintlik op God se genadige mag. Hy KIES om ons genadig te wees! Hy KIES om vir ons ‘n geskenk te gee! God is nie verplig om jou te red nie, skuld nie vir jou die ewige lewe nie. Jy kan ook niks doen om in die hemel te kom nie, om in God se goeie boekies te kom nie.

Romeine 11:6 “En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie.” Wat myself betref kan ek nie genoeg bewus gehou word van God se genade en liefde nie! Ef. 2:8,9 “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.” Moet nooit sê: “ek het Christus aangeneem nie” want dan kan jy op jou bors slaan en sê kyk net hoe oulik is ek! Jy en ek het hoogstens arms in die lug gegooi en erken ons het God nodig. Waar vind ek ‘n genadige God? Reg hier by my, besig om my uit te nooi, om Sy genade waar te maak in my lewe! Wat doen ek daarmee?? Aanvaar die geskenk en sê dankie met die manier waarop jy leef!

5 Solas beeld met erkenning aan die NG Gemeente Somerstrand

Advertisements

Aksies

Information

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: