Gee…

29 10 2014

B0318NL_op_800x600Johannes 17:10 Afr ’83 Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik.

In ‘n vorige post het ek die vraag gevra “Is ek by God?” Wie is hierdie God? Wie is Hy by wie ons moet bly? Deur die eeue het mense op baie maniere hierdie vraag probeer antwoord, maar die kern bly omtrent altyd dieselfde:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; Ek glo in die Heilige Gees” (Apostoliese Geloofsbelydenis)

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak.” (Geloofsbelydenis van Nicea)

Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe.” (Belydenis van Belhar (1986))

Die Drie-Eenheid van Vader, Seun en Gees speel in elke geloofsbelydenis ‘n sentrale rol. Tereg ook. Vers 3 van Joh 17 sê: “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.

Mooi en waar woorde, woorde wat van ons kant af erken dat God groter is as wat ons ooit kan verstaan en droom Maar wat sê dit vir ons eintlik oor die karakter van God? In hierdie kort gedeelte wat ons gelees het uit ‘n gebed wat Jesus gebid het, kom daar belangrike sake na vore wat vir ons iets leer van hierdie God wat ons, volgens vers 3, kan ken.

Hierdie God, hierdie Vader, Seun en Heilige Gees, word gekenmerk deur iets baie belangrik in hierdie gebed – die gee van ‘n geskenk. Nege keer in hierdie paar verse word die woord “gee”, “didomi” gebruik. Ons is aan Jesus gegee deur God, en Hy gee aan ons God se woord, God se liefde. In die aksie van “gee”, is Vader en Seun een, en gee God eintlik Homself aan ons.

En dit is nie maar net per ongeluk dat die woorde hier so in Jesus se gebed deur Johannes opgeteken is nie, 75 keer in die evangelie van Johannes word daarop gewys dat God Homself aan ons gee

Wat sê dit vir my? Wat beteken dit vir my lewe en vir my besluite as ek weet ek is aan God gegee en Hy gee Homself aan my?

– Dit beteken onder andere dat ek sal weet ek behoort – ek is nie maar net los en vas in die lewe nie, ek is nie maar net ‘n ongeluk nie. Ek behoort aan God wat my ken en vir wie ek kan ken My geloof, my lewe begin by God wat my wil ken en Homself aan my wil bekendstel. Dit is my identiteit: Geken deur God! Aanvaar deur God!

– Dit beteken ook dat ek God se naam, volgens die tyd van Jesus se verstaan, God se karakter kan ken. Die God wie se naam ons bely in die belydenisskrifte is nie maar net ‘n veraf, onbetrokke God nie. Nee, ons kan Sy karakter ken, die karakter van die een wat alles gedoen het sodat ons Hom kan ken, wat Homself gegee het in lewe, sterfte en opstanding sodat ons Hom kan ken

– In vers 14 sê Jesus: “Ek het u woord aan hulle gegee”. ‘n Mens kan hierdie woorde nie hoor sonder om herinner te word aan die eerste vers van hierdie evangelie nie: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God”. Jesus het nie ‘n dooie letter, ‘n wet, gebring nie Deur die Woord te beliggaam het Hy ‘n verhouding, ‘n lewende Woord gebring wat bestaan uit ‘n verhouding met God.

Is ek by God? Want Hy is verseker by ons. Die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees GEE Homself aan ons sodat ons Sy karakter kan ken, GEE aan ons hierdie kennis deur die Woord wat vlees geword het, en GEE nou ook aan ons die opdrag om hierdie God verder te gaan bekend maak. :18: “Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur”.

God gee Hom aan jou SODAT jy jouself aan HOM kan gee deur alles wat jy dink doen en sê!

(Hierdie blogpost is die eerste van 4 wat van die sentrale temas van die Belydenis van Belhar (1986) oordenk. Hierdie plasings is nie verklarings of uitlegging van die Belydenis van Belhar nie, bloot nadenke oor van die temas

Agtergrond inligting en stof gebruik vanaf http://www.workingpreacher.org, http://seisoenvanluister.co.za en http://belydenisvanbelhar.co.za )


Aksies

Information

3 responses

30 10 2014
Een… | Diakonos

[…] vorige plasing op hierdiedie blog is ons gevra: “Is ek by God?” Daarna het die vraag gevolg: “Is ek by God deur myself te gee?” Vandag vra Johannes die vraag: “Is ek by God deur eenheid tussen gelowiges te […]

4 11 2014
Versoen… | Diakonos

[…] tyd vra: “Is God by ons?”, dat dit vraag eintlik is, “Is ons by God?” Toe het ons gevra: “Is ek by God deur myself te gee soos Hy Homself gee?” En verlede week was die vraag: “Is ek by God deur te bou aan die eenheid onder gelowiges?” […]

9 11 2014
Regverdig… | Diakonos

[…] tyd vra: “Is God by ons?”, dat dit vraag eintlik is, “Is ons by God?” Toe het ons gevra: “Is ek by God deur myself te gee soos Hy Homself gee?” En twee weke gelede was die vraag: “Is ek by God deur te bou aan die […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: