Is ek by die Here?

29 09 2014

waterNa aanleiding van Eksodus 17:1-7

“Nadat die hele volk Israel uit die Sinwoestyn vertrek het” – Eenvoudige woorde, woorde wat ons gewoonlik sommer by verbylees. Wat het egter daar in die Sinwoestyn gebeur? Die volk het daar opgedaag nadat God hulle gered het van die Egiptenare by die see (Eks 14). God se redding daar het gekom nadat hulle gekla het dat Moses hulle uitgelei het om doodgemaak te word. Daar in die Sinwoestyn het hulle weer gekla omdat hulle nie kos gehad het nie (Eks 16). God het hulle weer gered, hierdie keer met die manna en kwartels.

En nou alweer! Leer hulle dan nooit om op te hou kla nie! Tog is hier iets ander aan die gang, dit is of hulle gekla tot op ‘n volgende vlak gelig word – waar die Hebreeuse woord wat met kla vertaal word in die vorige verhale ‘n redelik “ligte” woord is, gebruik die skrywer nou ‘n ander woord. Die woord is baie sterker, en dui op ‘n gestry, ‘n aanklag, ‘n klag lê.

Waar kom hierdie mense vandaan? In Eks 14:31 sê hulle: “Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar.” Eks 15:1 begin met ‘n lied: “Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is.” En nou, nou kla hulle die Here aan, nou sê hulle: (:7) “Is die Here by ons of nie?” Hulle meet God se teenwoordigheid daaraan of dit met hulle goed gaan of nie, in ‘n sin, aan hulle materiële welstand.

Terwyl Moses vir sy lewe vrees (:4), kom God alweer met ‘n plan, met redding uit hulle nood. Hy lei Moses om ‘n rots te slaan en so vir hulle water te gee. Ten spyte van hulle herhaalde klagtes en gekla en gestry met God, bly Hy genadig…

Dit lyk of Moses so bietjie op was vir die klomp! In plaas van om die plek te doop “Plek van wonderwater” of “Plek van God se genadewater”, doop hy dit “Op die proef stel en rusie” – Letterlik, God op die proef stel deur rusie te maak met Hom!

☛ Voor ons nou die koppe te meerderwaardig skud oor die klomp Israeliete, kom ons gaan meet onsself eers so bietjie in hulle spieël. Waaroor gaan hierdie gedeelte? Dit is maklik om te sê dit gaan daaroor dat God voorsien. En ja, dit is waar, maar ek dink Moses se benaming van die plek wys ons dat daar nog iets op ‘n dieper vlak ook lê.

Gaan dit nie ook oor die Israeliete, en ons(!), gebrek aan vertroue nie? Vra ons nie ook soms as dinge moeilik gaan “Is die Here by ons of nie?”

In ons dag waar ons alles probeer toets aan wat ONS kan sien, glo, verstaan. Vra ons nie ook maar “Is die Here by ons of nie?” Dring ons nie ook maar aan op tekens dat God nog steeds teenwoordig is nie?

Ons vra tog
–  waar was God toe my kind/vrou/man dood is
– waar is God met al die oorloë op aarde
– waar is God met korrupte politici wat ons lewens moeilik maak
– waar was God toe ‘n gebou in duie stort en ‘n klomp mense sterf
– waar is God in hierdie Ebola uitbraak, of daardie hongersnood, ens.

Ons is maar ook almal in die woestyn met een vraag op ons lippe: “Is die Here by ons of nie?”

☛ En dan soek ons antwoorde! En ons dink ons kry dit in hierdie wolk met Jesus se gesig, of daardie ou stuk lap wat lyk of daar ‘n gesig op is, of daardie wondergeneser wat dinge vir my kan beter maak. Ons slurp boeke op oor “Is die hemel werklik of nie”, soek vastigheid oor die wederkoms, alles omdat ons wil weet: “Is die Here by ons of nie?”

☛ En hier moet ons ‘n oomblik stil raak. Stil raak, want die antwoord is nie ‘n eenvoudige ja of nee nie. Ons gaan dit nie in tekens of wolke of wondergenesings sien of kry nie. Ons het klaar ons antwoord gekry in Jesus wat gebore is, geleef het as mens, gesterf het, opgestaan het en aan God se regterhand sit vir ons.

Die vraag is eerder, “Maak die teenwoordigheid van die Here nog ‘n verskil in my lewe?” of “Is ek by die Here?” Die antwoord op die vraag “Is die Here by ons of nie?”, kry ons in veranderde lewens, in mense wat Jesus in mekaar sien, wat moeite doen om daar te wees vir mekaar, mense wat deur hulle by die Here wees daar kan wees vir ander..

“Is ek by die Here?”


Aksies

Information

4 responses

29 10 2014
Gee… | Diakonos

[…] ‘n vorige post het ek die vraag gevra “Is ek by God?” Wie is hierdie God? Wie is Hy by wie ons moet bly? Deur die eeue het mense op baie maniere […]

30 10 2014
Een… | Diakonos

[…] ‘n vorige plasing op hierdiedie blog is ons gevra: “Is ek by God?” Daarna het die vraag gevolg: “Is ek by God deur myself te gee?” Vandag vra Johannes die […]

4 11 2014
Versoen… | Diakonos

[…] vorige blog plasings is ons herinner daaraan dat, terwyl ons die hele tyd vra: “Is God by ons?”, dat dit vraag eintlik is, “Is ons by God?” Toe het ons gevra: “Is ek by God deur myself te […]

9 11 2014
Regverdig… | Diakonos

[…] daaraan dat, terwyl ons die hele tyd vra: “Is God by ons?”, dat dit vraag eintlik is, “Is ons by God?” Toe het ons gevra: “Is ek by God deur myself te gee soos Hy Homself gee?” En twee weke […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: