Leef!

29 10 2012

Image(Na aanleiding van Deut 7:7-11)

Deuternomium 7 is deel van ‘n lang gedeelte (vanaf hoofstuk 4:44) wat weer die verbond, die ooreenkoms tussen God en Israel uiteensit. Hier in Hoofstuk 7 kom die skrywer dan uiteindelik by die vraag – Waarom?  Hoekom het God ons lief? Hoekom beloof Hy om vir Israel, en ons as die nuwe Israel, lief te wees?

Dit is nie ‘n vraag wat net by die Israeliete voorgekom het nie. Baie Christene, al glo hulle in God, al glo hulle in Sy liefde, al glo hulle dat Jesus vir hulle gesterf en opgestaan het, sukkel nog steeds met die vraag – Hoekom het God MY lief? Wat sien Hy in my? Gewoonlik gaan so ‘n vraag ook met ‘n bietjie skuldgevoelens gepaard – want as ek eerlik is met myself, as ek in naakte eerlikheid in die spieël kyk, kan ek nie glo dat God my sal liefhê nie…

☛ Hierdie gedeelte wil nie hê ons moet twyfel aan God se liefde nie. Drie keer word ons vertel dat God ons liefhet, en eenkeer word na ons liefde vir Hom verwys.

Baiekeer dink ons aan God se liefde vir ons as iets vreemds, iets verhewe, iets wat ons nie kan bereik nie. So word ons soms vertel dat die Nuwe Testament verskillende woorde vir liefde het, en dat God se liefde iets anders is as die liefde wat ons as mense het. Die skrywer van Deuternomium maak egter nie so ‘n onderskeid nie – Hy gebruik 3 Hebreeuse woorde om God se liefde vir ons te beskryf (al 3 as liefde in die Afrikaans vertaal). Hierdie drie woorde omsluit die totaliteit van wat ons verstaan van liefde!
•    :7 – חשׁק  “Gasak” – Om genot te put uit die ander persoon se teenwoordigheid
•    :8 – אהבה  “Ahabah” – Die liefde wat daar tussen man en vrou bestaan – ja God het ons selfs so lief! Hy verlang na ons, wil by ons wees.
•    :9 – חסד  “Gesed” – Genadige, liefdevolle omgee,  goedertierenheid

Niks wat ons verstaan as liefde is uitgesluit uit die manier hoe God ons liefhet nie! Sy liefde is allesomvattend!

☛ Nou hoe gemaak? Wat maak ek met so ‘n groot, skrikwekkende selfs, allesomvattende liefde?

Die woord wat gebruik word in vers 9 om ons respons op God se liefde te beskryf, “Ahab”, is familie van “ahabah” oor hoe God ons liefhet. Dit praat van verlang na die ander een, om honger te wees vir die teenwoordigheid van God soos om honger te wees vir kos, om nie sonder Hom te kan klaarkom nie, om te soek en te vra na Hom, om te wil doen wat die ander een vra.

Ons kom vers 11, ons respons op God se liefde, deur “gehoorsaam … daarvolgens te lewe” al na net deur te soek na God, te besef dat ons afhanklik is van Hom!

☛ God het ons lief omdat Hy vir ons lief is – klaar! Ten spyte van wat ek verkeerd of reg doen, Hy bly lief vir my. Ten spyte van my ongehoorsaamheid, Hy bly lief vir my.
Hoe antwoord ek God? Deur dankie te sê met my lewe! Gaan leef sy liefde!


Aksies

Information

2 responses

29 10 2012
Chris van Wyk

Briljant! Die rykdom van liefdes metafore in die gedeelte maak dat my dag en week sommer anders is.

29 10 2012
Diakonos

Dankie vir jou baie vriendelike opmerking Chris. Ek waardeer dit werklik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: