Kursus… of terapie?

9 11 2010

Kursusse, werkswinkels, en dies meer. Die moeite werd of “jolly” patrollie? My eie ondervinding oor die laaste twee jaar met die VBO (Voortgestette Bedienings Ontwikkeling) gerigte kursusse is dat nie een van hulle ‘n “jolly” patrollie was nie, maar dat hulle tog verskil het in die tipe groei wat in ‘n mens na vore kom. Van die kursusse bring meestal intellektuele stimulasie na vore. Ander weer bring ‘n sekere mate van geestelike of persoonlike groei na vore. Het egter onlangs ‘n Fasiliterende Leierskap kursus bygewoon wat ‘n totaal ander tipe groei na vore gebring het. Dit was een van daai kursusse waar mens dinge eers moes verteer om sin van te maak. En soos een van die kursus gangers (nie ‘n dominee nie), gesê het: “Hoe kry jy ‘n klomp predikante vir ‘n terapie sessie bymekaar? Jy vertel vir hulle dis ‘n Leierskap kursus!”

Daar sit ons toe, Dominees, “gewone lidmate” en nie-lidmate. Van die NG Kerk, VG Kerk en Congregational Kerk, en op die tweede dag van die kursus vertel ons vir mekaar van ons grootste pyn. Hoe gebeur so iets? Hoe gebeur dit dat mense van verskillende kerke en rasse, wat mekaar die vorige dag vir die eerste keer gesien het, so openlik van hulle pyn en vreugde kon praat?

Frederik Marais, die hoofaanbieder, het vanaf die eerste oomblik op dag een die reëls goed duidelik gemaak.

  • Ons gaan diep en blaamloos na mekaar luister.
  • Ons gaan mekaar bevestig wanneer ons iets hoor wat ons aanspreek.
  • Ons gaan ons voorveronderstellings suspendeer, op die lyn hang.

Hierdie “reëls” en die konsekwentheid waarmee dit toegepas is deur aanbieders en kursusgangers, het gelei tot die skep van ‘n veilige ruimte. ‘n Ruimte waarin elkeen net homself kon wees. ‘n Ruimte waarin elkeen gevoel het dat wat hy sê, net daar sou bly – dit sou nie die volgende week se skindernuus wees nie.

Dag een is begin met sekere voorbereidende werk, met die indentifisering van jou eie “case study” rondom ‘n spesifieke probleem wat jy ervaar. Op dag twee is een van die metodes om konflik en probleme mee te takel, die storie muur, gebruik. Hier het iets ongeloofliks gebeur. Vanaf die eerste persoon wat aan die beurt was, was daar ‘n brutale eerlikheid rondom waar hy of sy op die oomblik in sy/haar lewe is. Die storie muur het begin by die 1980’s, en in tydblokke geloop tot 2010. Elkeen het gedeel wat hy of sy veilig gevoel het om te deel. Te midde van storie na storie van pyn, hartseer, teleurstellings, mislukkings, vergifnis, rassisme, oorwinnings, groei, aanvaarding het daar soms trane gevloei, is daar soms gelag, maar is niemand onaangeraak gelaat nie. Die fasiliteerder van hierdie gedeelte, Frederik Nel, het met baie empatie en deernis almal genoeg tyd gegee om sy of haar storie te vertel.

Dit het gelei tot groei by ieder en elk. Net die besef dat jy nie al een is wat mislukkings in die gesig moes staar nie, die moed van ‘n ma wat haar kind se moordenaar besoek om hom te vergewe, ens, ens. Alles het ons diep geraak. Niemand het onaangeraak daar weggegaan nie!

Een ding wat my sterk sal bybly in die soeke na die oplossing vir konflik, is die krag daarin om elkeen teenwoordig toe te laat om gehoor te word, om “geluister na” te word.


Aksies

Information

3 responses

9 11 2010
Frederick

Deon- jy is reg soms word ‘n leerervaring meer as net ‘n kognitiewe of intelektuele stimulasie en neem ons mekaar op ‘n dieper reis van heling- en as dit gebeur is die nalatenskap gewoonlik lewenslank- ek het die vrymoedigheid geneem om ‘n skakle hierheen te bou vanaf http://www.communitas.co.za hoop dit is OK met jou

10 11 2010
Diakonos

Dankie vir die opmerking Frederik. Voel geeerd dat jy my ramblings link.

30 03 2011
Groei jy nog? « Diakonos

[…] met groot name wat eintlik maar net ‘n wegkom kans is? Soos duidelik gemaak in ‘n vorige blog inskrywing oor hierdie kursus, is dit glad nie so nie! Terapie of leerskool?  Of iets van altwee? So sit ons […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: